Categories: NewsPublished On: 2nd July 2010

Toyota-se-3.0-D-4D-loop-altyd-oral-lekkerder

By 4 min read
745 words

’n Bul van ’n bakkie wat sy man in alle omstandighede staan – dit is Toyota se Hilux 3.0 D-4D Raised Body Raider en die man wat so sê is Gert van Rensburg van Langplaas Boerdery buite Brits.

Langplaas Boerdery produ-seer elke maand tonne en tonne groente onder spilpunte: hoofsaaklik wortels, beet, uie, kool en patats, en hulle plant ook ’n bietjie koring en ander graan.

Die nat toestande onder die spilpunte op Brits se turfgrond en soms met redelike swaar vragte stel besondere eise aan ’n voertuig, maar die 3.0 D-4D laat hom nie ’n oomblik van stryk bring nie. Hy stap onstuitbaar net daar waar die boer wil gaan en Gert is in sy skik met die sterk enjin wat genoeg wegtrekkrag vir enige omstandighede gee.

En ook geen wonder nie, want die elektronies beheerde drukbuisinspuiting-enjin van 3 liter met sy dubbelbonokas en sestien kleppe gee 120 kW teen 3 400 opm en ’n allemintige 343 Nm wringkrag vanaf 1 400 tot 3 200 opm. Tot hierdie kraglewering dra natuurlik die wisselwiek-tur-bo-aanjaer met interverkoeling by.

Dié magdom krag word gladweg deur ’n vyfspoedratkas na die vier wiele gevoer om dié bakkie die wenner te maak in nat, gladde turflande, oor lelike sinkplaatpaaie en waar die boer ook al wil beweeg – ook op ’n mooi, gladde snelweg waar hy lag-lag 170 km/h draf.

Vir dit alles vra hy net een liter diesel vir elke tien kilo-meter. “Ons ander soorte bakkies kry nooit meer as agt kilometer uit ’n liter diesel nie,” verklaar Gert. Boonop het Toyota maar altyd die beste inruil- en herverkoopwaarde, sê hy, en as dit by vragdra kom is daar nie ’n bakkie wat die Hilux kan klop nie.

Die enigste rede waarom Langplaas Boerdery ander soorte bakkies ook het, is omdat ’n boerdery deesdae nodig het om dinge soos gereedskap en onderdele op so ’n manier te kan aanry dat dit nie gesteel word nie. Daarvoor is ’n bakkie met ’n anderhalf kajuit perfek, want hy het nog genoeg oop laairuimte ook.

“Ek wens Toyota wil ’n ander-halfkajuitbakkie maak, dan het ons nie nodig om ooit enigiets anders aan te hou nie,” sê Gert.

Synde die seun van oom Lang Piet van Rensburg en ’n verlangse nakomeling van Langhans van Rensburg, is Gert van Rensburg nie ’n kort man nie. Nogtans het hy genoeg kopspasie in sy Hilux. Dié bakkie sit lekker, bestuur lekker, maak ’n mens nie moeg nie en laat jou deur-gaans veilig voel met sy goeie padhouvermoë, sê hy.

Sonder vrag voel dit dalk of sy stert ’n bietjie wil lig op die grondpad, maar jy leer hom gou verstaan. En met ’n vrag ry hy soos ’n droom.

Die nuwe Hilux het ook nie die stamperigheid wat sommige ouer bakkies gehad het nie en hy bestuur en ry gladweg en lekker.

Jou gerief word verder verseker deur die doeltref-fende lugreëling, die suiwer klanke van die radio/straal-plaatspeler en die gerieflike verstelbare sitplekke. Die bakkie het ook oorgenoeg bêreplekkies binne vir boere soos Gert wat hom as kantoor gebruik.

Ons land se boere is ’n waardevolle bate en verdien al die beskerming wat hulle kan kry. Daartoe dra Toyota se 3.0 D-4D by met ’n gevorderde veiligheidselkajuit, teensluitrem-stelsel, lugsakbeskerming vir die bestuurder en passasier en ’n skokabsorberende stuurwiel en stuurkolom.

Boonop is Toyota die bakkie met die beste rugsteun in die kontrei, sê Gert. By Intertoy in Brits kry jy net die beste diens. Hulle het ’n oor vir elke kliënt en ook vir die boer.

Voeg daarby dat die Hilux 3.0 D-4D in alle opsigte kop en skouers bo al die ander hoogloopbakkies uitstaan (figuurlik gesproke) en die keuse is logies.

“As hulle net die agter-stamper met sy trap ’n bietjie laer gemonteer het sodat mense wat op die bak wil klim nie knaend die agterklap raak trap nie,” sê Gert. “En as hulle vir ons ’n anderhalfkajuit-bakkie wil maak…

“Maar dit bly nog die beste bakkie!”

As jy in Brits se wêreld boer, is Intertoy by 012-252-3231 die mense by wie jy jou wenbakkie kan loop koop.

Boer jy elders in die land? Daar is ’n Toyota-handelaar naby jou. Besoek ook www.toyota.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0