Categories: NewsPublished On: 15th July 2010

Toyota-borg-weer-’n-bakkie-vir-Agri-SA-se-Jongboer-van-die-Jaar-kompetisie

By 1 min read
295 words







Vanjaar sal die Jong Boer van die Jaar en die wenner van die New Harvest kompetisie elk ’n bakkie tydens ’n  gekombineerde gala-funksie in November 2010 ontvang.

Verlede jaar het Solly Ratjomane van Limpopo weggestap met die eerste prys vir die New Harvest kompetisie. Solly boer in die Dendron-gebied in Limpopo op grond van die plaaslike stam wat hy van die gemeenskap huur.

Die Jong Boer van die Jaar kompetisie is die saamloop van nege provinsiale kompetisies waar jong boere, tussen 18 en 35, deelneem. Dié boere moet vir minstens twee jaar ’n lid van ‘n provinsiale affilasie van Agri SA wees. Die nege finaliste, een uit elke provinsie, word aan ’n wye reeks kriteria gemeet, insluitende hul boervernuf, finansiële- en sakevernuf en verskeie ander wetenskaplike maatstawwe.

Die welbekende Prof. Carlu van der Westhuizen staan aan die hoof van die paneel beoordelaars wat elk van die finaliste oor die loop van ’n paar weke in Oktober finaal sal beoordeel, voor die algehele wenner aangewys word.

 “Om ’n jong boer te wees in ons mooi land het sy eie uitdagings, maar dit bly steeds ’n voorreg. Ek weet jong boere is hier om te bly. In ’n tyd wat alles onseker lyk, maar aangevuur deur hoop en vasberadenheid, glo ek jong boere sal alles wat hulle in die gesig staar die hoof kan bied. Die toekomsige sukses van die landboubedryf rus op die skouers van jong boere,” sê Carl Opperman, voorsitter van Agri SA se Kommunikasie en Beeldbou kommitee.

Tony da Costa van Nigel, is verlede jaar aangewys as Agri SA / Toyota SA se Jong Boer van die Jaar. Tony bestuur die Manjoh beesvoerkrale, stoetery en die meegaande mielie- en aartappel boerdery.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0