Categories: NewsPublished On: 21st November 2011

Topleerlinge-wat-vir-veearts-wou-leer-kry-steun

By 1 min read
Top leerlinge wat toelating tot die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria geweier is omdat hulle glo nie goed genoeg presteer het nie, gaan deur Afriform Jeug bygestaan word.
 
Meer as 20 voornemende studente, wat gesamentlik 155 onderskeidings in matriek behaal het, het te kenne gegee dat hulle bereid is om dié universiteit aan te vat oor beweerde dubbele standaarde ten opsigte van die keuring van studente by die Fakulteit Veeartsenykunde.
 
 “Terwyl sowat 37% van veeartsposte op nasionale en provinsiale vlak tans vakant is, streef die Universiteit van Pretoria demografiese teikens na” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.
 
Volgens ‘n verklaring van Afriform Jeug het hulle die situasie onder die aandag van die minister van hoëronderwys, Blade Nzimande, gebring. Mnr Nzimande se kantoor gaan blykbaar die rektor versoek om  ʼn verduideliking te verskaf oor waarom dié leerlinge toelating tot die betrokke fakulteit geweier is.
 
AfriForum Jeug het gesê dat die antwoorde wat die Fakulteit Veeartsenykunde sover gegee het oor waarom die leerlinge nie toegelaat word nie is dubbelsinnig en oneerlik.
 
Die organisasie het ondermeer die akademiese uitslae van suksesvolle aansoekers by die Fakulteit Veeartsenykunde aangevra en ook die keuringskriteria wat in elke kategorie gebruik is. 
 
Die universiteit se bestuur het aangedui dat hulle binnekort op AfriForum Jeug se aansoek, wat ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gebring is, sal reageer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0