Categories: NewsPublished On: 27th May 2011

Top-sybokhaarboere-aangewys

By 1 min read

Die finaliste vir die jaarlikse Miyuki Keori-trofee wat aan Suid-Afrika se top sybokhaarboer toegeken word, is aangekondig. Sybokhaar SA sê die trofee word vir die bes geklasseerde sybokhaarskeersel toegeken.

Die kompetisie word aangebied deur Miyuki Holdings, ’n toonaangewende Japannese materiaalwewer, en dit moedig boere aan om die voorkoms en gehalte van die land se sybokhaarskeersels te verbeter. Dit word sedert 1980 aangebied.

Ses pryse word in drie kategorieë toegeken. Dit sluit in die grootkampioenskeersel met ‘n wenprys van R5 000, die kampioen-somer- en kampioen-winterskeersel wat elk R3 000 ontvang en die reserwe-somer- en reserwe-winterskeersel wat elk R2 500 wen.

Die finaliste is Billy Colborne & Seuns van Willowmore, J.B. du Preez van Fort Beaufort, Louw Retief & Seun van Murraysburg, Snyberg Angoras van De Rust, Van Hasselt Farming BK van Prins Albert en die Vleikuil-boerdery van Rietbron.

“Daar is altyd sterk mededinging tussen die boere en ons wil dus die finaliste gelukwens dat hulle die top-ses bereik het. Dit is reeds ’n prestasie,” sê Jackie Gant, Sybokhaar SA se bemarkings- en promosiebestuurder.

Die wenners word op 9 Junie in Port Elizabeth aangekondig.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment