Categories: NewsPublished On: 1st February 2012

Toer na Georgië

By 1 min read
236 words

Belangstellendes word herinner aan ‘n inligtingsverandering oor geleenthede vir landboubeleggings en boerdery in Georgië wat môre (2 Februarie) by TLU SA plaasvind. Die volgende inligtingstoer na Georgië word beplan vir die week van 23 – 27 April 2012.   

TLU SA sê in ‘n verklaring dat in die jaar wat die organisasie by Georgië se landbou-ontwikkeling betrokke was, daar al heelwat vordering gemaak is. Die nalatenskap van sosialisme en kommunisme is egter so intens dat die ingesteldheid van hulle mense om kommersieel te dink, nie gou herstel sal wees nie.  Dit is hoofsaaklik jonger mense wat dit regkry om toekomsgerig te raak met ‘n skeppende ingesteldheid.  

Tydens die week-lange inligtingstoer sal daar ook  ‘n konferensie aangebied word oor landbou. Die Suid-Afrikaners wat reeds daar boer sal deel uitmaak van die konferensie. Buiten die landbou-fokus sal daar ook aandag gegee word aan ander beleggingsmoontlikhede.

Meer lugrederye het nou die hoofstad Tbilisi ingesluit in hulle vlugroetes, en ‘n persoon kan ‘n retoerkaartjie teen ongeveer R5 500 bekom.  Verblyf en etes moet dan net bygevoeg word. 

Die vergadering begin om tienuur by TLU SA se hoofkantoor in Silverton, Pretoria. Vir meer inligting kan Bennie van Zyl gekontak word by bennievz@gmail.com of by 012-804-8031.

Lees ook meer oor Georgië in die Februarie-uitgawe van ProAgri wat eersdaags op straat sal wees.  

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0