Categories: NewsPublished On: 8th July 2011

Thabazimbi-hou-skou

By 1 min read

‘n Wye verskeidenheid beesrasse sal na verwagting weer hierdie jaar by die Thabazimbi landbouskou te sien wees. Boere kan gerus daar ‘n draai gaan maak om met die telers van rasse soos Simmentaler, Simbra, Afrikaner, Pinzgauer, Santa Gertrudis, Hugenote en Limousine te gesels en ook die Brahman-beoordeling by te woon.

Die skou vind van Donderdag 28 Julie tot Saterdag 30 Julie plaas. Die rasbeoordelings begin Vrydagoggend om agtuur en die interraskampioenskap word Saterdag van halfnege af gehou. ‘n Wildveiling vind Vrydagmiddag plaas.

Verskeie landbou-maatskappye, waaronder John Deere, Valtrac, New Holland, Massey Ferguson, Obaro en Nic Sleepwaens se jongste tegnologie sal besigtig kan word.

Daar is ‘n druk skouprogram met vermaak deur plaaslike en nasionale kunstenaars, ‘n potjiekoskompetisie, die kroning van Mej Thabazimbi, pretritte en ander kindervermaak, ‘n polisiehondvertoning en vele meer. Die skou word Saterdagaand afgesluit met ‘n dans saam met die Manie Eramus Boereorkes.

Meer besonderhede is beskikbaar by die skoukantoor by 014-777-1204.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment