Categories: NewsPublished On: 13th September 2010

Tequin-Polydropper:-Die-perfekte-dropper-vir-die-perfekte-heining

By 3 min read

Sterk, stewig, duursaam en goedkoop – dit is die egte Tecquin Polydropper wat draadspan en diereboerdery ’n plesier maak. Die lekkerte begin sommer as jy hoor dat Tecquin Polydroppers omtrent maar die helfte van staaldroppers se prys kos – en Tecquin Polydroppers roes en buig nie soos staaldroppers nie. Boonop steel metaaldiewe dit nie.

’n Tecquin Polydropper is 28 mm dik en sy wand is 4 mm dik, sodat jy jou draad styf daarteen kan vastrek sonder dat dit ooit deur die wand sal sny en sonder dat die dropper ooit sal knak. Daartoe dra natuurlik ook Tecquin Polydropper se spesiale samestelling, wat duursaamheid en stewigheid verseker, by.
Brand is een van ’n draadheining se grootste vyande, maar Tecquin Polydropper is brand- en smelttraag.

Sommige van die namaaksels in die mark is blote gewone swart pyp, wat met ’n vuurhoutjie aan die brand gesteek kan word.

Tecquin Polydropper het presies die regte balans tussen meegee en starheid. As diere of volstruise daarteen vashardloop, gee dit genoeg mee sodat hulle nie beseer word nie, maar dit buig of knak nie maklik nie en ’n Tecquin Polydropper keer altyd na sy oorspronklike vorm terug.

’n Belangrike voordeel van Tecquin Polydroppers is dat dit nie elektrisiteit gelei nie. Elektriese heinings se drade kan direk daaraan vasgemaak word
sonder die geringste gevaar van kortsluitings of spanningsverlies; selfs wanneer dit katte en honde reën. Dit bespaar die koste van isolators.

Tecquin Polydroppers is ultraviolet-bestand sodat die son dit nie eers op die lang duur beskadig nie. Dit word ook nie slap wanneer dit warm word nie, en knak of kraak nie wanneer dit koud is nie.

Tecquin Polydropper is bestand teen miere, knaagdiere, suur, sout, roes en nattigheid.

Met al hierdie doelgeskikte duursaamheid is Tecquin Polydropper die eerste oplossing vir alle soorte heinings in alle klimaatstoestande. Daarvan getuig talle tevrede veeboere, perdeboere, volstruisboere en wildboere.

Tecquin Polydropper is in alle opsigte die allerbeste dropper waaraan jy kan dink: Dik, stewig en duursaam, brandtraag en ultravioletbestand, stabiel in alle weersomstandighede, ontwerp sodat drade nie sal op- of afskuif nie, nie-geleidend sodat
elektriese drade direk daaraan vasgemaak kan word om isolators onnodig te maak – dit alles teen nagenoeg die helfte van ’n ondienlike staaldropper se prys!

 

Waarskuwing

Maar dan moet dit die regte, egte Tecquin Polydropper wees – nie ’n minderwaardige namaaksel nie. Daar is ’n reuse verskil tussen ’n Tecquin
Polydropper en ’n gewone stuk pyp.

Om die prys laag te hou, gebruik Tecquin Polydropper geen tussengangers nie. Jy bestel jou droppers in enige lengte betyds en kom haal dit self in Brits, Noordwes provinsie. ’n Gewone bakkie dra maklik 1 300 Tecquin Polydroppers van 2,4 m en dan kan jy nog ’n vrag op ’n sleepwa laai en saamsleep.

Daar is net een plek waar jy regte Tecquin Polydroppers kan koop, en dit is by Tecquin Polydropper in Brits. Praat met Etienne Geyer by
012-250-1661 of e-pos info@tecquinpolydropper.co.za. www.tecquinpolydropper.co.za
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0