Tata-Zenon-XXL-2,2-LWB-is-meer-as-’n-bakkie:Tata-is-jou-flukse-vennoot!
’n Kragtige, flukse staatmaker wat meer as sy deel tot jou boerdery bydra – dit is die nuwe Tata Xenon, die stoere bakkie wat baie gee en min vra.
Die Xenon XXL se platbakontwerp bied sinvolle, ten volle benutbare laairuimte vir enigiets wat die boer wil vervoer. Jy kan volgens die aard van jou boerdery se vervoerbehoefte kies of jy hom met ’n blote platbak wil hê of met ’n valkantplatbak, stewige veetralies of ’n toegeboude vragruimte.
En as jy hom volgelaai het, kan jy op sy stewige onderstel en veerstelsel reken om die vrag soos ’n man te dra.
Sy sestienduimwiele stap maklik oor swak paaie en stryk die sinkplaat uit die pad.
Sy 2,2 liter drukbuisinspuitingenjin met sy tussenverkoelde aanjaer lewer ’n allemintige 103 kW teen 4 000 opm en 320 Nm wringkrag tussen 1 700 en
2 700 opm, sodat jy en jou vrag teen geen skuinste sal stuit nie.
Die vyfspoedratkas met sy sinvolle ratverspreiding verseker ’n kragtige kruipspoed vir rywerk op die plaas, maar ook ’n vyfde rat wat as snelrat dien om ’n brandstofverbruik van gemiddeld 12,4 km per liter te verseker, volgens die tevrede Tata-eienaar, Frans Vermaas, van Canvas and Tent.
Als wat jy nodig het
Alhoewel die Xenon XXL ’n geen-nonsens werkeselbakkie is, bied hy tog aan die bestuurder en passasier die gerief van gemaklike sitplekke, ’n
smukspieëltjie aan die een sonskerm en ’n kaarthouer aan die ander een, ’n kragstuur, ’n lugversorger met stuifmeelfilter, koeldrankhouers, ’n gawe klankstelsel, sigaretaanstekersok sodat jy jou selfoon kan laai, jou GPS kan gebruik of ’n kollig kan inprop as jy in die nag iets iewers op die plaas moet gaan doen en gerieflike kopstutte.
Die sluitbare klapkassie is maar bra klein, maar in die deure is daar ruim bêreplek; ook vir lekker groot waterbottels.
|
En gemoedsrus
Die Xenon XXL bestuur lekker en maklik en sy groot truspieëls en helder ligte verseker dat jy dag en nag oral baie goed kan sien. Hierdie bakkie wil werk: Durf jy die grondpad sonder vrag aan, dan protesteer hy met ’n redelike mate van wipperigheid. Maar sodra jy hom ’n vrag gee om te dra, is hy tevrede en voer jou en vrag gladweg verder.
Tata waardeer sy eienaars en verseker graag hulle veiligheid met sake soos vragvoelende sluitweerremme, doeltreffende ruitveërs, frommelsones voor, kantbotsstawe en ’n sentralesluitstelsel. Die Xenon XXL het ’n A-gradering by die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging.
Asof dit alles nie genoeg is nie, kry jy saam met jou Tata XXL ’n diensplan vir 5 jaar of 90 000 km, ’n waarborg en roeswaarborg vir 3 jaar of 100 000 km, padbystandsdiens vir 3 jaar ongeag die aantal kilometer en ’n wakker
handelaarsnetwerk wat regoor die land, ook in Swaziland, Botswana, Mosambiek en Namibië, gereed staan om jou die beste diens te bied.
Die Tata Xenon XXL is ’n flukse vennoot wat help om die boer se laste te dra. As jy wil uitvind wie die handelaar naaste aan jou is, praat met Christo Engelbrecht by 082-709-2076 of christoe@tatasa.co.za.