Tata-Xenon:-Die-geen-nonsens-bakkie-vir-die-baas-van-die-plaas
Oopkop boere eis die beste as dit by plaaswerk kom. Daarom draf daar reeds talle Tata Telcoline-werkeselbakkies op Suid-Afrika se plase. Maar nou bied Tata ook vir die baas van die plaas ’n geen-nonsens bakkie – die Xenon.
Tata-bakkies dien Suid-Afrika se boere sedert 2004. Dié rateltaai bakkies is net reg vir die harde werk op ’n Suid-Afrikaanse plaas. Dis hoekom vele boere Tata Telcoline-bakkies vir hulle plaasvoormanne en plaasbestuurders koop.
Tata se Xenon voer bakkiebesit ’n trappie verder. Hy is vir die buitelewe en veldry ontwerp en gebou. Perfek vir die baas van die plaas.
Die Xenon is ’n kombinasie van rygerief en praktiese doeltreffendheid, met ’n indrukwekkende lys ekstras wat hom ’n voorsprong bo ander leefstylbakkies in die mark gee.
Geen wonder dat die Xenon vinnig besig is om dié voorkeur-leefstylbakkie te word nie. Wie kan nee sê vir sy gedugte 4×4-vermoë, sy ratse hantering, sy foutlose werkverrigting en sy netjiese, aantreklike stilering wat die waarde-vir-geld-filosofie waarvoor Tata bekend geword het, nog verder voer?
Kom kyk self: die Xenon lyk sportief en reg om te ry genoeg om saam met die voorstes in ’n skoonheidsparade te stap, maar onder sy aantreklike aansig is hy ’n werkesel wat vir die boer veel meer doen as mooi lyk.
Die Xenon se groot laairuim het ses ankerpunte aan die binnekant om te sorg dat jou vrag nooit verskuif nie. ’n Bakseiltjie,’n rolstaaf waaraan kolligte geheg kan word en kanttrappies kan bykomend bestel word.
Die deftige en gemaklike binneruim maak van die Xenon ’n dubbelkajuit met ’n dubbele doel. Jy kan sonder skroom met jou Xenon opdaag om Mooimeisiesfontein se roos vir ’n aandjie uit op te laai, en as sake goed vlot is dieselfde dubbelkajuit later ’n perfekte gesinsruimte op die langpad.
Die gerieflike skottelsitplekke met doekstofbekleedsel het rugsteunverstelling. Voor die agterste banksitplek is oorgenoeg beenruimte om by die ruim kajuit te pas.
Maar onder die Xenon se strelende uiterlike skuil die staal van ’n ware werkesel. Sy gedugte drieliter-dieselenjin met hoëdruk-inspuiting stuit vir niks. Sy groot grondvryhoogte kan kosteloos hoër gestel word om enige middelmanetjie te troef en vir daardie onverwagse klip is daar ’n stewige skermplaat om jou Xenon se pens te beskerm.
Die Xenon se vastrapewenaar en sterk veerstelsel laat jou gemaklik op enige soort pad ry, selfs in die veld oor en deur slote, knikke en driwwe.
Die Xenon word heel gepas as ’n avontuurbakkie beskryf wat met vertroue na die uitdaging van die rofste
4×4-terrein hunker. Die voertuig se invalshoek van 26 grade en sy vertrekhoek van 22 grade, sowel as sy knap draaisirkel, maak dit moontlik om selfs die mees uitdagende 4×4-rit aan te durf.
Nog ’n baie bruikbare eienskap van hierdie bakkie is die vierwielaandrywing wat in die ry gekoppel kan word.
Die Xenon het alles wat jy nodig het om die lang pad lekker te maak, waaronder kragstuur en ’n verstelbare stuurkolom, sowel as al die gewone geriefskenmerke soos lugversorging, elektries beheerde vensters voor en agter en hope bêreplek in die middelkonsole, terwyl die agterste sitplekke vir bykomende pakplek in die kajuit platgevou kan word.
Die voertuig het ook ’n radio-/straalplaat-/MP3-klankstelsel met vier luidsprekers en ’n geheuestokkie-sok as deel van sy standaard-toerusting, wat beteken dat jy op enige manier na jou gunsteling-musiek kan luister.
Veiligheid is altyd van die grootste belang wanneer dit by gesinsvervoer kom. Die Tata Xenon voldoen aan al die veiligheidsvereistes vir Europa, Indië, die Midde-Ooste en Suid-Afrika.
Sy standaard-veiligheidstoerusting sluit in frommelsones, ’n meegee-stuurkolom, ’n klep wat die remverhouding balanseer, sentrale sluiting, rukstopwerking vir al die sitplekgordels en syslagstawe in die deure wat die insittendes in die geval van ’n botsing van die kant af beskerm.
Tata se Xenon is ’n toonbeeld van perfekte balans tussen ’n aantreklike voorkoms en werkverrigting. Dis beslis ’n wenner met ’n belofte van waarde vir geld; ’n sterk, bekostigbare werkesel.
Die Xenon het ’n vervaardigerswaarborg van 3 jaar of 100 000 km, en ’n versieningsplan van 3 jaar of 60 000 km.
Besoek die Tata se tuisblad by www.tatasa.co.za of skakel 0861-TATA-11 vir meer inligting oor jou naaste Tata handelaar.