Tata-Xeno-2.2L-Dicor-4×4-dubbelkajuit:-Hier’s-nou-’n-waardige-bakkie-vir-die-baas-van-die-plaas
Die beste van beide wêrelde is wat Tata die besige baas van die plaas bied met sy Xenon 2.2 liter Dicor-4X4 dubbelkajuitbakkie.
Dié bakkie so mooi dat jy kwalik kan ophou om na hom te kyk en so koesterend gerieflik dat jy jouself moet dwing om uit sy ruim dubbelkajuit te klim na die gewone wêreld daar buite.
Maar onder al die mooi en gemaklik is ’n staalharde, rateltaaie kanniedood-werkesel wat jou verrassend rats meevoer na waar jy ook al wil wees – sy dit voortsnellend op ’n deurpad of berg-op tussen die klippe deur om lek vir jou Pinzgauers af te laai.
Dit maak sin: ’n Suid-Afrikaanse boer is nie so dom om ’n bul of ’n ram te koop net omdat hy mooi lyk nie – hy wil ook sy stamboek en teelwaardes sien, want prestasie is die ding wat die deurslag gee.
Net so is die Tata Xenon veel, veel meer as ’n baie mooi uiterlike. Onder daardie aantreklike lyf lê dertig jaar se ervaring wat Tata een van die wêreld se voorste vervaardigers van medium tot groot handelsvoertuie gemaak het.
Op talle plase in Suid-Afrika speel Tata se geen-nonsens Telcoline-bakkies met hulle taaie betroubaarheid ’n sleutelrol. Die Xenon voer bakkiebesit ’n groot stap verder. Hy kan steeds loop net waar jy wil en laai net wat jy wil, maar in groter gerief, met meer gemak en met meer styl.
Klim net in: Sodra jy gevoel het hoe gemaklik hy sit, hoe maklik hy bestuur, hoe kragtig en foutloos hy presteer en hoe lekker hy ry, stem jy saam: Hier is die perfekte bakkie vir die baas van die plaas.
Of jy jou hartedief wil uitneem vir ’n elegante aandjie uit, of jy die gesin met vakansie see toe of duine toe of wildernis toe wil neem en of jy ’n hele paar sakke lek van die koöperasie af wil saamry plaas toe – die Tata Xenon 2.2L 4×4 dubbelkajuit is die bakkie vir jou.
Die dubbelwande van die bak sorg dat goeters wat dalk rondrol nie knobbels buite op jou bakkie se lyf maak nie, maar as jy ’n vrag ordentlik wil vasmaak, is daar ses stewige ankerpunte binne-in die bak.
Om jou rit gemaklik te maak, het die Xenon gerieflike skottelsitplekke voor met doekbekleedsel en verstelbare laerugsteun. Agter het hy genoeg beenruimte vir alle normale passasiers.
Die Xenon het ’n verstelbare kragstuur, lugversorging, elektries beheerde vensters voor en agter, ’n baie goeie radio-/straalplaat-/MP3-klankstelsel, en genoeg bêreplek, ook vir koeldrankblikkies of glase.
Veiligheid is vir Tata baie belangrik. Daarvan getuig die Xenon se frommelsones, meegee-stuurkolom, kantbotsstawe, afstandbeheerde sentrale sluitstelsel, kinderveiligheidslotte aan die agterdeure, verstelbare sitplekgordels en ’n
A-gradering by die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging.
Maar die een wat die beste sal weet, is die bestaande Xenon-eienaar, en luister net wat sê hulle:
Danie Kotze van Ndlovu Assessors: “Dit is ’n uitsonderlike voertuig – waarde vir geld. Dit is uiters kragtig.”
Frans Vermaas van Canvas and Tent: “Ek kry ’n gemiddelde brandstofverbruik van 12,4 km/ℓ. Ek is baie tevrede met die diens wat ek van Tata en uit die bakkie kry.Ek sal beslis enigeen wat ’n nuwe bakkie nodig het aanraai om ’n Tata Xenon te koop.”
Raj Naik van Murray en Roberts: “Ons het die afgelope 18 maande 10 Tata Xenon-bakkies gekoop. Ons is baie tevrede met die diens wat hulle tot dusver lewer en ons sal dit sterk oorweeg om in die toekoms nog Xenon-bakkies te koop.”
Tata self bewys hulle vertroue in hulle bakkies met ’n waarborg (ook teen roes) van 3 jaar of 100 000 km, padbystand vir 3 jaar of 100 000 km en ’n diensplan vir 5 jaar of 90 000 km. Olie hoef net elke 15 000 km of een keer per jaar, wat ookal eerste kom, vervang te word en daar is goed opgeleide Tata-handelaars regoor die land.
Jy kan ook ’n ingenome Xenon-eienaar wees. Praat met Christo Engelbrecht by 082-709-2076 vir meer inligting en om te hoor waar jou naaste Tata-handelaar is.