Categories: NewsPublished On: 5th April 2011

Tamaai-pampoen-laat-rekord-spat

By 1 min read
Leon Stemmet van Montagu het die afgelope naweek ‘n nuwe swaargewig pampoenrekord opgestel op die Laerskool Bertie Barnard Goliat van Gat Pampoenfees in Stilbaai, berig die George Herold.  Met sy pampoene van 325 kg en 300 kg het hy onderskeidelik die eerste en derde plek ingepalm. 
 
Chrisjan Gunter van Heidelberg was tweede met sy pampoen van 318 kg.
 
Die pampoene in die Noorde kon nie by die Kaapse knewels kers vashou nie. Tydens die Goliat van Gat Pampoenfees in Silverton, ‘n week tevore, het Drikus Kleynhans van Sasolburg met ‘n pampoen van 268 kg gewen. Die mooiste pampoen  is deur Jan Cilliers gekweek en die lelikste een deur Frank Smith.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0