Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

Taltec maak brand koeler vir boer en bees

By 5 min read
947 words

Niemand hou daarvan om beeste te brand nie, maar ongelukkig kan dit nie anders nie. Gelukkig help Taltec met die regte toerus­ting, tegnieke en kundigheid om die proses so gladweg en pynloos as moontlik vir bees en boer af te
handel. Kyk net:

Hoekom is Taltec se brandysters van vlekvry staal gemaak?

Om blase te voorkom. Vlekvy staal is nie ’n goeie geleier van warmte nie. Dit word vinnig warm, maar dit word ook gou weer koud. Wanneer ons ’n dier brandmerk, wil ons die vel net warm genoeg maak om ’n letsel te laat – nie warmer nie.

Hou die vlekvry staal brandyster ’n maksimum van drie sekondes teen die dier se vel om ’n duidelike letsel van die letter of nommer te laat. As die brandyster te veel warmte oordra, word die vel en vleis rondom die brandmerk ook warm sodat ’n brandblaas oor die hele gebied ontwikkel. Wanneer die brandblaas gesond word, bly daar ’n onleesbare rowwe ronde merk.

Hoe sorg ek dat daar nie te veel warmte oorgedra word nie?

As jy die brandyster te lank op die vel hou, kan jy hierdie brandblaas veroorsaak. Druk die yster ferm teen die vel en tel hardop: " Eenduisend, tweeduisend, drieduisend.” Verwyder dan die yster.

’n Goeie manier om ’n perfekte brandmerk te verseker, is om die gebied wat gebrand is af te koel voordat jy die dier laat gaan. Dit verkoel die omringende vel en vleis. Doen dit met ’n emmer water en ’n lappie of ’n kalkkwas. Spat die water op die vel nadat jy die dier gebrand het. Dit voorkom die vorming van ’n brandblaas en bring ook verligting vir die bees, net soos jy jou hand onder ’n kouewaterkraan sou hou as jy dit gebrand het.

Sommige boere vries water in ou margarienbakkies en vee dan daarmee oor die brandmerk sodat die gekondenseerde koue water die gebied afkoel.

As jou brandysters van materiaal gemaak is wat stadig afkoel, soos yster of koper, sal meer hitte in die drie sekonde tydperk oorgedra word. Vind by die verskaffer uit wat die presiese brandtyd en -prosedure vir daardie ysters is.

Waarom is ons brandysters se letters van vierkantstaaf gemaak en nie van ronde staaf nie?

Die skerp kante van die letters maak oral behoorlike kontak met die vel sodat die gedeelte wat jy wil brand heeltemal warm word en die gebied daarrondom glad nie. ’n Letter wat van ronde staaf gemaak is, maak in die middel behoorlike kontak en dan al minder na die kante toe. Die brandmerk wat daarmee gemaak word, het ’n skadu-effek rondom die lyne, wat dit gesmeerd laat vertoon.

Wat is die verskil tussen ’n gasyster en ’n vuuryster?

Ons standaard-ysters is gasysters waarvan die letters 75 x 50 mm groot is. Kleiner ysters (tot 50 x 30 mm) kan op aanvraag gemaak word. Hierdie ysters word met die gasoond warm gemaak.

Vuurysters word van dikker materiaal gemaak en is dus groter as gasysters. ’n Hout- of steenkoolvuur word gewoonlik warmer as die gasoond. Omdat vlekvry staal sag word wanneer dit warm word, moet dikker materiaal gebruik word sodat die letters nie buig of hulle vorm verloor nie.

Die meeste skade word veroorsaak wanneer die letters gebruik word om die vuur om te roer en ons raai boere aan om hierdie gebruik te staak sodat hulle ysters langer kan hou.

Gasysters kan in ’n vuur warm gemaak word as jy versigtig met hulle werk sodat hulle hulle vorm behou.

Anders as ’n vuur, verwarm ’n gasoond die ysters egalig en eenvormig sodat die kanse om dowwe brandmerke of brandblase te veroorsaak, heelwat minder is. Dis hoekom ons die gebruik van ’n gasoond aanbeveel.

Hoekom immobiliseer ons diere?

Brand is vir sowel bees as boer ’n pynlike ervaring wat ’n mens so gou as moontlik agter die rug wil kry. As jy diere immobiliseer, bring hulle minder tyd in die kraal deur, dit verseker dat jy die eerste keer ’n deeglike, duidelik brandmerk kan aanbring en dit skakel ’n gespook en geskop uit waarmee diere hulleself kan beseer. Daar is ook nie ’n gebrul en ’n geblaas wat die res van die diere ontstel nie.

Hoe om die Taltec-immobiliseerder te gebruik

Die immobiliseerder het vanuit die kragkassie twee drade met knippies aan. Knip een onder die bees se stert vas. Die kontakplek moet klam wees. Gewoonlik mis beeste wanneer hulle hanteer word en dit bied genoeg klammigheid vir ’n goeie kontak. Die ander knippie kom aan die bees se lip, wat ook klam moet wees.

Die knippies is sterk genoeg om ’n goeie kontak te bewerkstellig en om nie tydens hantering af te glip nie.

Sodra jy die knippie aan die lip vasknip, moet jy die beheerknop na 6 draai. As die dier nie stil genoeg staan nie, draai dan die knop stadig verder. As die dier se bene begin meegee, is die sterkte te hoog en dan moet die knop
effens laer gestel word.

Nekklampe en ander hanteringstoerusting

Vinnige en doeltreffende hantering verseker dat jy en jou diere minder tyd in die kraal hoef deur te bring. Daarvoor is doeltreffende hanteringstoerusting nodig.

Maak nie saak hoe klein jou kudde is nie, as jy toerusting begin aanskaf, is ’n nekklamp die eerste ding om aan te dink. Van daar af kan jy verder uitbrei.

Vir toerusting, kundigheid, raad en diens met veehantering, is Taltec nommer een. Hou op sukkel. Praat met Bronwen Talbot by 012-250-2188 of 082-736-4476 of e-pos taltec@icon.co.za of besoek www.taltec.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0