Categories: NewsPublished On: 31st January 2011

Talbert-spilpunt: Water waar en wanneer dit nodig is

By 6 min read
Die geheim van ’n gesonde, lonende oes, is dat gewasse voldoende water op die regte tyd moet kry. Daarvoor is ’n stewige, betroubare Talbert-spilpunt die antwoord.

Dis heerlik om te sien hoe baldadig alle plante groei wanneer hulle genoeg water kry. Elke boer is terdeë dankbaar vir elke druppel reën, maar reën val waar en wanneer hy wil: soms suinig en ander kere oordadig sodat pompe wegspoel en gesaaides versuip.

Elke boer se droom is om presies die regte hoeveelheid water aan elke plant beskikbaar te stel presies wanneer die plant dit nodig het. Dis presies waarvoor Talbert-spilpunte daar is – om die boer se waterdroom waar te maak.
 
Daarvoor sorg Jannie Steyl, wat nou weer ten volle in beheer van Talbertspilpunte is, sy kundige en vaardige span personeel en sy flink span bemarkers wat reeds jare lank regoor die land bewys het dat hulle daartoe verbind is om die boer die beste besproeiingsoplossing te bied.
 
’n Talbert-spilpunt is nie sommer net ’n spilpunt nie – hy is spesiaal ontwerp en vervaardig om die boer die allerbeste diens teen die allergunstigste prys en met die allerminste moeite te bied.
 
Talbert is sommer met die intrapslag in sy eie klas. Talbert se mense verstaan die boer se behoeftes haarfyn en werk met die grootste toewyding om die boer die heel beste oplossings te bied.
 
Die regte plan 
 
Selfs die boer wat vir die eerste keer ’n spilpunt oorweeg, is volkome veilig in Talbert se hande. Talbert se mense gee strykdeur die beste raad, hulp en diens om te verseker dat die regte besluite geneem word wat werklik die boer se posisie verbeter.
 
So ’n boer is Corrie Theron van Samesuiping naby Bloemfontein, wat ruiterlik erken dat hy absoluut niks van spilpunte en besproeiing geweet het toe hy elf jaar gelede besluit het om sy droëlandmielie- en koringboerdery met besproeiing aan te vul nie.
 
Drie tot vier keer meer per hektaar
 
Talbert se mense het hom stap vir stap deur die proses gehelp sodat besproeiingsproduksie vandag ’n belangrike deel van sy boerdery vorm. Hy sê: “Ek produseer drie tot vier keer soveel per hektaar onder spilpunte as op droëland en in hierdie tye van hoë insetkoste en lae pryse, is beheer en hoë produksie noodsaaklik vir oorlewing.”
 
Corrie het nou agt Talbertspilpunte en hy sê as hy genoeg water gehad het, sou hy nog meer van hulle aangeskaf het, want Talbert is wat hom betref die beste spilpunt wat jy kan kry: “Die prys is redelik, die spilpunte is doeltreffend, stewig en betroubaar, en die diens wat Talbert se mense bied verseker dat ek regtig geen probleme met my spilpunte ondervind nie.
 
“Talbert verstaan die boer en bied die diens en tegnologie wat boerdery doeltreffend en lekker maak.”
 
Staan stewig
 
Een ding wat geen boer kan bekostig of verdra nie, is ’n spilpunt wat omval, maar ’n Talbert-spilpunt staan in enige weer so stewig soos die Rots van Gibraltar. Corrie sê hy het nog nooit gehoor van ’n Talbert wat omval nie, maar hy het al ’n hele paar ander soorte gesien lê.
 
Die geheim van ’n gesonde, lonende oes, is dat gewasse voldoende water op die regte tyd moet kry. Daarvoor is ’n stewige, betroubare Talbert-spilpunt die antwoord.


Johan Odendal, aartappelboer van Petrusburg, het 18 Talberts in ’n gebied waar die wind soms ernstig waai. Ander spilpunttorings swik soms in die omgewing, sê hy, maar sy Talberts staan en werk onverstoord voort.
 
Johan het Talbert-spilpunte wat al meer as sestien jaar perfekte diens lewer met net hier en daar ’n slytdingetjie wat vervang moes word.
 
So moet ’n spilpunt wees
 
Johan stel streng vereistes aan ’n spilpunt en Talbert oortref hulle almal:
 
’n Spilpunt moet betroubaar wees en water gee wanneer jou gewasse dit nodig het, sonder dat jy met hom hoef te sukkel. As ’n aartappelplant nie water kry wanneer hy dit nodig het nie, is jou oes daarmee heen.
 
Johan dring ook daarop aan dat ’n spilpunt ’n stewige konstruksie moet hê en baie goed gegalvaniseer moet wees om lank te hou, soos Talbert wat spesiaal vir Suid-Afrika se strafste omstandighede gebou is en volgens die SABS se streng 763-standaard warmgegalvaniseer is.
 
Ook aan Johan se vereiste dat ’n spilpunt se motors en ratkaste lank moet hou, voldoen Talbert uitmuntend.
 
Maar vir ás daar iets verkeerd sou loop, hou Talbert ’n volledige reeks onderdele aan vir elke spilpunt wat hulle nog ooit gemaak het en alles pas nog steeds sodat jy nooit met ’n verkeerde onderdeel hoef te sukkel nie.
 
Jannie Steyl en sy wenspan ken spilpunte, besproeiing en boerdery deeglik en weet presies hoe om die boer die beste spilpunt en diens te gee. Hulle bied boere nou weer die oorspronklike gestandaardiseerde Talbert-spilpunt, maar die gehalte is selfs nog beter as in die verlede.
 
Maak nie saak waar jy in Suid-Afrika boer nie, Talbert se kundigheid, verskaffing en diens is immerdeur byderhand sodat geen plant op jou spilpuntsirkels ooit dors hoef te ly nie.
 
As jy jou waterdrome wil waar maak, praat met Talbert se behulpsame bemarkingsbestuurder, Koos Coetzer, by 082-802-1906 of koos@talbert.co.za. Talbert is die maatskappy wat fokus op perfeksie.
 

Talbert: spilpunt van jou drome

 Spankeuses:
114 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m
140 mm x 45,9 m, 51,2 m, 58 m of 64 m
165 mm x 45 m, 51,2 m of 58 m

Pypwanddikte: 3,5 mm

Gewasvryhoogte: 2,8 m 

Bande: 13,6 x 24 hoëflotasiebande

Oorhanglengtes: 6,4 m, 12,8 m of 25,6 m

Beheerkas (standaard): Druksensor, tydskakelaar, uurmeter, voltmeter, rigtingaanwyser, weerbestand, beheer alle elektrisiteit- en watertoevoer.

Galvanisering: Alle staaldele is warmgegalvaniseer volgens SABS 763-standaard.

Die senter: Die sentertoring is sterk en duursaam en aan ’n gewapendebetonbasis geanker.

Motors: Beproefde swaardiensmotors met ’n lang lewensduur.

Ratkaste: Bewese swaardiensratkaste verseker jare se betroubare diens.

Sleepverstelling: ’n Stel drukhefbome maak dit maklik om die wiele te verstel sodat die spilpunt in ’n japtrap na ’n ander sirkel gesleep kan word.

Onderdele: Onderdele vir alle Talbert-spilpunte is blitsig oral in die land beskikbaar teen redelike pryse.

Sandvangers: Sandvangers aan alle oorhange vergemaklik skoonmaak en verhoed die verstopping van sproeiers.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0