Categories: NewsPublished On: 22nd August 2011

Tal-Tec vat die berg na Mohammed: Mobiele kraal maak dit maklik

By 2 min read

Op die sleepwa pas:

10 hekke (3m lank)
10 hekke (2,3m lank)
1 hekraam (3m)
1 lang boograam (2,3m)
3 kort boograme
2 toegangshekke
1 toegeboude nekklamp

 Die nekklamp is aangepas vir vervoerbaarheid, maar die slim patent maak voorsiening daarvoor dat die bees se eie gewig die klamp stewig op die grond hou, want hy staan met sy voorpote op ’n vloerplaat, beduie Bronwen Talbot hier by Nampo.
 Daar is geen gesukkel met los penne wat wegraak nie, want elke hek se pen is aan hom vasgeheg.
 Die Tal-Tec-sleepwa is spesiaal so gebou dat elke deel van die kraal stewig op sy plek pas.
 Die spesiale ligter hekke kan lag-lag deur een persoon hanteer word, maar as hulle eers staangemaak is, is dit enige bees se baas!
Die gesegde lui: As Mohammed nie na die berg wil gaan nie, vat die berg na Mohammed! Met Tal-Tec se nuwe Kraal-op-’n-sleepwa raak dit sommer kinderspeletjies om berge te versit!
 
Dit was nog nooit so maklik om beeste op enige plek in die veld te hanteer soos met die slim-ontwerpte mobiele Kraal-op-’n-sleepwa nie. Tot die beeste op die “ver” plaas of huurweiding kan nou met gemak gespuit, gedoseer, onthoring of ge-KI word sonder om die diere aan te jaag of om ten duurste daar ook krale, drukgange en kopklampe op te rig.
 
Die sleepwa is spesiaal ontwerp om nie net die vervoer van die hekke maklik te maak nie, maar ook die op- en aflaai. Daarby het Tal-Tec seker gemaak dat die hekke lig genoeg is om maklik hanteer te word, natuurlik sonder om sterkte in te boet.
 
Tot 120 beeste kan met gemak in die kraal pas as die volle stelsel uitgepak word. Boere kan enige kombinasie van hekke en/of die nekklamp kies.
 
Die stelsel is ook ideaal vir landboudepartemente of veeartse wat op afgeleë plekke beeste moet gaan inent, vir skoudemonstrasies en vir veilings op plekke waar nie permanente krale is nie. Afslaers wat soms veilings op die “haaie vlakte” moet aanbied, kan gerus hierdie opsie van Tal-Tec oorweeg, want ’n gewone bakkie sleep die sleepwakraal met gemak, wat vervoerkoste aansienlik kan bespaar.
 
Vind meer uit oor die Kraal-op-’nsleepwa by bronwen@taltec.co.za of skakel haar by 082-736-4476 of 012-250-2188.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment