Suid-Afrikaanse Stamboek en Diereverbeteringsvereniging
Uitbreiding van die genetiese aanduidings vir vleisbeeste: Voerbenutting nou ook in die arsenaal by Stamboek
As deel van die volgehoue navorsing en ontwikkeling deur Stamboek het stoettelers en kopers van stoet vleisbeeste nou ’n groter seleksie-keuse op grond van teelwaardes. Die genetiese meriete vir groei- en voeromset-doeltreffendheid maak nou ook voorsiening vir drie eienskappe waarvoor daar nie voorheen teelwaardes beskikbaar was in Suid-Afrika nie.[...]