Qualidisc
Kluite en stoppels verdwyn onder Jupidex se Qualidisc
As ’n boer die wilde en droë Prieska- halfwoestynstreek wil tem, moet hy baie water hê. Die Oranje is nie verniet die lewensaar vir die omgewing se besproeiingsboere nie, want “as jy hier iets wil laat groei moet jy dit deurlopend natmaak†sê Cloete Coetzee van Mahobeboerdery, maar dit is duur en insette is hoog en tyd is min en onvergewensgesind. ’n Boer kan dus nie grondbewerkingstoerusting inspan wat wil gaan lê of harde werk halfhartig afhandel nie.