Kleinskuur Akwaponika
Kleinskuur Akwaponika is die ene aksie
Aksie, beweging en lewe omring Annemarie Bremner, wat Kleinskuur Aquaponics saam met haar man, Colin, oos van Pretoria bedryf. Annemarie was ՚n joernalis by die SAUK totdat sy by Radio Pretoria aangesluit het, waar sy tot hoofnuusredakteur gevorder het. Toe die aanbieder van die landbouprogram oorlede is, het sy[...]