Afrikaanse grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Versigtig Noodhulpinstrukteur: "Wat sal jy doen as jy jou arm op twee plekke gebreek het?" Student: "Ek sal nooit weer na een van daardie plekke toe gaan nie."
Dom Boer se lag vir die dag:
Kolskoot! Verbouereerde advokaat met sy eerste saak: "My arme kliënt... ek bedoel... U Edele, my arme kliënt... Wat ek eintlik wil sê is: My arme kliënt..." Regter (simpatiek): "Toe maar, gaan gerus verder - tot hiertoe is die hof dit volkome met jou eens."
Dom Boer se lag vir die dag:
Wyse raad Telegram vanaf Heinie: “Trein verpas. Vertrek nou dieselfde tyd môre.” Antwoord vanaf Hennie: “As jy weer dieselfde tyd vertrek, gaan jy weer die trein verpas.
Dom Boer se lag vir die dag:
Dendrologiese feit Juffrou: "Wat groei aan 'n palm?" Dawie: "Vier vingers en 'n duim."
Dom Boer se lag vir die dag:
Uittreksel uit die belastingbetaler se eerstehulpgids As ‘n politikus ‘n kopwond het wat erg bloei, moet jy ‘n knelverband styf om sy nek opwen.