Categories: NewsPublished On: 14th April 2011

Taai staptog teen renosterstroop

By 1 min read
Nog stories
NP300 Hardbody
Boer van Bloemfontein wen bakkie
Twee wildbewaarders beplan om op ‘n aflosgrondslag reg oor die land te stap om geld vir die bewaring van renosters in te samel. Die staptog van 1 700 kilometer begin in Musina en volg die hoofroete tot in Kaapstad. 
 
Paul Jennings en Sboniso Phakati wil tydens hulle epiese tog by verskeie skole aandoen om kinders van die belangrikheid van wildbewaring bewus te maak.
 
“Renosters is baie na aan my hart,” sê Paul, wat eerstehands die slagting van die diere beleef het. “Ek wil graag iets vir die majestieuse diere doen wat tans nog aan die genade van.gevoellose stropers uitgelewer is. Onderrig oor bewaring, veral onder die jeug, maak deel uit van ‘n veldtog om die massa-uitwissing van ons renosters te keer.”
 
Die voertuigvervaardiger Nissan Suid-Afrika het goedgunstiglik ‘n taai en betroubare die NP300 Hardbody-bakkie as ondersteuningsvoertuig aan die projek beskikbaar gestel. Boonop skenk hulle nog R20 000 om tot brandstof- en tolgeldkostes by te dra.
 
Ivan Olivier van Nissan sê dat hulle nie huiwer om ‘n saak wat oor die bewaring van Suid-Afrika se natuur-erfenis gaan, te ondersteun nie. “Renosterstroping is ‘n plaag in ons land en ons moet almal meehelp as ons die spesie – veral die swart renoster, van uitwissing wil red”.
 
Die twee stappers beoog ook om geld vir die Wildbewaringsvereniging van Afrika in te samel om die stroop van Renosters op ‘n breër front te beveg.
 
Die “Rights for Rhinos”-staptog kan op www.rightsforrhinos.co.za gevolg word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment