Categories: NewsPublished On: 12th December 2014

Suksesvolle LandBank kry nuwe hoofamptenare

By 2 min read
381 words

Na ’n uitstekende vyf jaar waar die LandBank geskiedenis gemaak het deur die vorige tydperk se korrupsie en wanbestuur te vernietig en die semistaatsonderneming na ’n winsgewende maatskappy te hervorm, het die bank ‘n nuwe voorsitter, Arthur Moloto, en HUB, Tshokolo Petrus (TP) Nchocho aangestel. Albei se aanstellings is gister aangekondig as deel van veelomvattende veranderinge aan die direksies van ondernemings in staatsbesit.

Moloto, ‘n ANC-LP, was voorheen voorsitter van die regering se pensioenfonds, waar hy betrokke was by die omstrede skorsing van die fonds se hoofbeampte, John Oliphant.

Oliphant is verlede maand afgedank ná ‘n dissiplinêre komitee hom skuldig bevind het aan wangedrag. Hy appelleer tans teen die besluit.

Die ontslag het gekom nadat Moloto se kontrak verstryk het en hy reeds die Fonds verlaat het. Nietemin vind sy weggaan in ‘n onstuimige tyd plaas, waar personeel en raadslede verdeel is in faksies, met die een wat Oliphant ondersteun en die ander aan Moloto se kant is.

Nchocho, wat as HUB van die LandBank aangestel is, was vir agt maande waarnemende HUB van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (OBSA). Hy is nou die groep se uitvoerende direkteur, wat verantwoordelik is vir die OBSA se Suid-Afrikaanse bedrywighede.

Die minister van Finansies, Nhlanhla Nene, het gesê die twee “bring uitgebreide kundigheid en ondervinding” na die bank.

“Landbou geniet belangrike fokus van die regering om verwagte ekonomiese groei aan te dryf, sowel as die skep van byna eenmiljoen werkgeleenthede teen 2030,” het die minister gesê.

Onder die leierskap van Phakamani Hadebe, voormalige uitvoerende hoof, wie se kontrak verlede Desember beëindig is, het die LandBank wonderbaarlik herstel van die korrupsie en finansiële wanbestuur van ‘n paar jaar gelede en het in sy jongste jaarstate ‘n wins van R372-miljoen aangekondig.

Die bank se leningsboek het van R12-miljard in 2008 tot R33-miljard vanjaar gegroei, wat ver bokant die groei in sy kapitaalbasis is, wat ’n goeie maatstaf is vir finansiële groei. “Die vinniger groei in die leningsboek het die bank se finansiële krag verstewig, wat gekonsolideer moet word om vir die bank se volgende groeifase voor te berei,” het die Ministerie van Finansies het gesê.

“Mnr Nchocho se ervaring by die OBSA sal waardevol vir die begeleiding van die bank deur die volgende fase wees,” het die ministerie gesê.

Bron: BDLive

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0