Suikerbedryf-verwag-soeter-jaar-na-droogte
Suid-Afrika se twee grootste suikerprodusente, Tongaat Hulett en Illovo Sugar verwag beter resultate dié jaar na hulle winste vir die 2010/11-boekjaar gedaal het weens die droogte in KwaZulu-Natal en swak produksietoestande in Mosambiek.
Illovo, Afrika se grootste suikervervaardiger se besturende direkteur, mnr Graham Clark het gesê die maatskappy is in ‘n gunstige posisie om meer suiker op die vasteland te produseer.
Illovo se suikerproduksie was verlede jaar laer as die vorige jaar en sy wesensverdienste het met 27% gedaal tot R516 miljoen.
Tongaat se wesensverdienste het tot R806 miljoen afgeneem, vergeleke met die verdienste van R815 miljoen in die vorige finansiële jaar.
Tongaat verwag ‘n 50% verhoging in produksie in Mosambiek vir die 2011/12 seisoen.
Beide maatskappye sê hulle finansiële resultate is sensitief vir wisselkoersbeweging aangesien dit hulle kostes beïnvloed en buitelandse verdienstes raak.