Categories: NewsPublished On: 8th February 2011

Successful-meat-goat-production-–-Albie-Horn

By 2 min read
345 words

DVS uitgegee deur Kejafa Knowledge Works.

Dit is ’n baie goeie gedagte om by iemand te leer wat nie net boekekennis het nie, maar ook in die praktyk staan. Die sukses van hierdie produksie lê daarin dat die aanbieder sy onderwerp ken en dat ’n mens letterlik kan sien waarvan hy praat.
 
Dit is ’n produksie sonder enige fieterjasies – ’n boer op sy plaas wat oor sy boerdery praat en demonstreer wat hy bedoel. 
 
Die inligting is duidelik bedoel as inleidend vir iemand wat met vleisbokke wil begin boer en raak verskeie aspekte van vleisbokboerdery aan.
 
Sommige mense mag dalk die effense gestoei met die Engelse grammatika en die uitspraak ’n bietjie steurend vind (ons hoop die Afrikaanse weergawe is ook op pad!), maar op stuk van sake gaan dit oor die inligting.
 
Albie Horn is ’n man wat sy bokke ken. Hy is veral bekend as vestiger van die Kalahari Red-ras.
 
Die videoproduksie begin met ’n bekendstelling van die verskillende vleisbokrasse wat almal ewe tuis lyk op Albie se plaas naby Kuruman.
 
Daarna word onderwerpe bespreek soos behuising en hanteringsgeriewe, hoe ’n ooi en ’n ram veronderstel is om te lyk, teling en lamtyd, siektes en hoe om dit te behandel en te voorkom, voedingsvereistes en laastens bestuur en bemarking.
 
Daar is baie interessante wenke en praktiese demonstrasies wat bokboerdery aansienlik makliker kan maak, soos hoe om te verseker dat bokke wat nuut in ’n distrik soos die Bosveld inkom, gouer die nodige weerstandbiedende mikro-organismes opbou. Slag ’n aangepaste bok en meng die inhoud van die rumen met die nuwe bokke se voer – sodoende kry hulle sommer gou die nodige bakterieë in.
 
Die tuisgemaakte kopklamp en die gebruik van ’n gewone snoeiskêr om hoewe te knip, laat dit lyk of vleisbokboerdery binne die gewone man se bereik is. Successful Meat Goat Production – Albie Horn Bestel by www.kejafa.co.za of by 014-577-005 teen R250.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0