Styging in minimumloon aangekondig
Plaaswerkers se minimumloon styg op 1 Maart met 4,5%. Die styging is so pas deur die Departement van Arbeid aangekondig.
Die sektorale vasstelling word gekoppel aan die verbruikersprysindeks + 1%. Volgens Statistiek SA is die VPI 3,5%. Vir boere beteken dit dat die uurlikse minimumloon R7,04 sal wees, die weeklikse loon R317,51 en per maand moet ‘n plaaswerker vanaf 1 Maart ten minste R1 375,94 betaal word.
In vergelyking met vorige jare lyk dit so:
1 Maart 2009 |
1 Maart 2010 |
1 Maart 2011 |
|
Uurliks |
6.31 |
6.74 |
7.04 |
Weekliks |
284.23 |
303.84 |
317.51 |
Maandeliks |
1231.70 |
1316.69 |
1375.94 |