Categories: NuusPublished On: 20th June 2024

Stroperverkope daal drasties

By 1 min read
156 words

DSC_7920

Die kragtige swart Fendt 8T-stroper met sy rusperbande om enige land baas te raak.

Trekkerverkope van 566 eenhede in Mei is ongeveer 14% minder as die 655 eenhede wat verlede Mei verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou byna 22% minder as verlede jaar.   Vyf-en-twintig stropers, 40 minder as die 65 stropers verlede Mei, is in Mei verkoop.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 61% minder as verlede jaar.

Sentiment onder boere wat die NAMPO-oesdae in Bothaville in Mei bygewoon het, was oor die algemeen positief, hoewel omsigtig.   Die omsigtigheid word uitgedruk as onsekerhede oor die komende verkiesing, weervooruitsigte en verwagte oes-opbrengste.   Die onsekerhede heers tot ’n meerdere of mindere mate voort. Sodra die someroes-proses egter afgehandel is en die voorbereiding vir die komende somergewasseisoen in plek is, behoort die bedryf vir landboumasjinerie te stabiliseer tot ’n nuwe, laer vlak, na die uitstekende verkope van die afgelope paar jaar.

Ramings in die bedryf vir die 2024-kalenderjaar is dat trekkerverkope tussen 15 en 20% minder sal wees as verkope verlede jaar.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0