Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Stroop-die-soet-smaak-van-sukses-met-Claas-

By 3 min read

Emmers vol sweet en skopgrawe vol geld is deesdae nodig om gesonde gesaaides te kweek. Dit sou tragies wees as die boer nou die laaste stap sou verbrou deur met ’n substandaard stroper te sukkel.

In hierdie wysheid word die De Waals ondersteun deur stroopkontrakteurs wat Claas beskryf as die beste algemene stroper vir onder meer mielies, koring, sojabone, graansorghum, sonneblom en kanola.

En ook geen wonder nie, want Claas is stewig en ro­buust ontwerp en gebou, met gevorderde meganiese en tegnologiese stelsels vir die laagste moontlike produksiekoste en die hoogste moontlike doeltreffendheid.

Een van die maniere waarop hierdie mikpunte bereik word, is om sake vir die operateur so maklik as moontlik te maak sodat hy sy taak veel doeltreffender kan verrig.

Volgens Philip is die enigste gesukkel wat Claas hulle gee die gesukkel om ’n operateur van die stroper af te kry, want die Lexion se ruim kajuit, doeltreffende lugversorging, nuttige yskassie, gerieflike sitplek met maatjiesitplek en maklike hantering is die aangenaamste plek op die plaas tydens die Swartland se stroopseisoen.

Voeg daarby die Lexion se sagte, maar onverbiddelike stroopstelsel wat vanaf die snyslag tot met die strooibe­stuur in ’n klas van sy eie is.

Die outomatiese Auto-Contour-stelsel verstel die snyertafel voortdurend na gelang van die terrein om perfekte stroopwerk te verseker.

Materiaal word egalig gevoer sodat die hele stroopproses gladweg verloop. Dit bespaar brandstof en verseker skoon graan.

Die 3D-stelsel versprei graan teen hellings van selfs 20% met ’n skudaksie egalig oor die boonste sif sodat die dorsproses onverhinderd en doeltreffend voortgaan.

’n Belangrike bate is Claas se beproefde APS wat staan vir versnelde voorskeidingstelsel of accelerated preseparation system. Die Lexion kombineer die APS met ’n rewolusionêre Roto Plus sekondêre skeistelsel sodat een Lexion op sy gemak ses gewone skudstropers se werk doen.

Graan en kaf word so deeglik geskei dat die boer elke keer die beste gewasgradering behaal. Die sagte skeiproses verseker ook dat natter graan met die Lexion gestroop kan word, wat beteken dat jy meer uur per dag kan stroop, sê Philip.

Die Lexion 570 en 580 se graantenk hou 10 500 liter wat teen ’n tempo van 100 liter per sekonde in ’n tapkar oorgepomp word.

Volgens Gert Hanekom, bestuurder by Willem de Waal Boerdery, verg dit baie min tyd en moeite om die Claas Lexion te versien. Hy is ook beïndruk met die nuwe, stiller, doeltreffender Claas-snytafel en die waaier wat stof uit die voerder trek sodat die operateur deurentyd kan sien wat aan die gang is.

Claas word landwyd gerug­steun deur Barloworld Equipment Agriculture se toege­wyde agente.

Vir meer inligting oor ’n stroopvoorsprong met Lexion, skakel een van die Claas-streekbestuurders:

Jimmy Immelman by 083-635-2220 vir die Wes-, Suid- en Oos-Kaap.

Gerhard Bezuidenhout by 083-627-0228 vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.

Henry van Vuuren by 083-641-9151 vir KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0