Categories: NewsPublished On: 21st October 2011

Strafregtelike-klag-teen-Julius-Malema-gelê

By 1 min read
137 words
AfriForum het  ʼn strafregtelike klag teen die ANC Jeuliga-leier Julius Malema gelê nadat hy by ʼn openbare geleentheid in Thembelihle, ‘n woongebied wes van Johannesburg, teenwoordiges aangemoedig het om grond sonder toestemming te beset indien die regering nie dit aan hulle oorgee nie.
 
Dit is nie die eerste keer wat Malema mense aangemoedig het om grond te beset nie. Die gedurige opsweep van mense om grond te beset voorspel niks goeds vir kommersiële landbou nie,  en veral nie ten opsigte van beleggingsvertroue in die bedryf nie.
 
AfriForum het het gesê dat hulle regsadvies daarop dui dat hierdie optrede van Malema op sigself ‘n misdryf van uitlokking tot sedisie is en dat hy strafregtelik daarvoor vervolg kan word.  ʼn Strafregtelike klag is gevolglik by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion ingedien. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0