Categories: NewsPublished On: 4th April 2011

Stop inlywing vra inwoners

By 1 min read

Inwoners van die Rayton/Cullinan-gebied noordoos van Pretoria het begin met protesoptrede teen die inlywing van hulle munisipale gebied by die Tshwane Metroraad. Die regering se afbakeningsraad het vroeër besluit dat die munisipale gebied, Nokeng Tsa Taemane deur Pretoria bestuur moet word.

Nokeng se bestuur is oor die afgelope paar jaar gekenmerk deur onrus, korrupsie en wanadministrasie. Die inwoners van die boerderygebied het ook ‘n taai hofstryd geveg teen die onregmatige heffing van grondbelasting.

Die protesoptrede word gedryf deur die Nokeng Grondeienaarsvereniging, die Cullinan Boere-unie en ondersteun deur die CDP. Die grondeienaars sê die inlywing kan tot gevolg hê dat belasting op landbougrond met tot 400% kan styg en algemene belasting met tot 100%. Daar is ook vrese vir verhoogde diensleweringsfooie, soos vir riolering.
 
‘n Inligtingsvergadering word Dinsdagaand, 5 April om 18:00 in die Cullinan Ontspanningsaal gehou. Skakel Henri Combrink by 082-552-9428 of Steve Klopper by 012-734-1140 vir meer inligting.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment