Steak-en-tamatie-gebak
6 porsies
Vulsel
30 ml kookolie
sout na smaak
5 ml varsgemaalde swartpeper
5 ml knoffelpasta
5 ml gemmer
2,5 ml fyn komyn
5 ml blaarmasala
2 groen brandrissies, gekap
250 g steak, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap
60 ml gekapte vars koljanderblare (dhania)
2 tamaties, in skyfies gesny
papawer- en sesamsaadjies
(opsioneel)
Deeg
125 g koekmeel
7,5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 ml fyn swartpeper
60 g sagte botter
1 eier, geklits
125 ml melk
Vulsel
- Verhit die olie in ’n kastrol en braai die sout, peper,
speserye, brandrissies en steakblokkies tot sag.
- Voeg die ui by en prut liggies tot die ui
deurskynend is.
- Roer die gekapte koljanderblare deur en laat die
vulsel eenkant om af te koel.
Deeg
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n
oondvaste bak van 30 x 22 cm.
- Sif die meel, bakpoeier, sout en peper saam.
- Vryf die botter by die meelmengsel in tot dit soos
fyn broodkrummels lyk.
- Meng die eier en melk, en voeg dit dan by die
meelmengsel. Meng tot dit ’n sagte, klewerige deeg
vorm.
- Skep ⅔ van die deeg in die voorbereide bak.
Gebruik die agterkant van ’n lepel en smeer die
deeg sodat die meeste van die bak bedek is.
- Skep die gaar steak in die gevoerde bak en rangskik
die gesnyde tamatie bo-oor.
- Gebruik ’n mes en smeer die oorblywende deeg booor
die tamatie. Dit sal dalk ’n bietjie moeilik wees
omdat die deeg nie noodwendig aan die tamatie sal
kleef nie.
- Verf geklitste eier oor die bokant van die deeg en
strooi die papawer- en sesamsaadjies oor (indien
gebruik).
- Bak vir ± 30 minute.
Uit: Kook saam Kaaps
Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker
LAPA uitgewers 2016