Categories: NewsPublished On: 31st August 2010

Starke Ayres bied ’n pampoen en waatlemoen vir elke doel

By 3 min read

Betroubare opbrengste van top- gehalte pampoene is wat Starke Ayres se gryspampoenbasters tevrede boere die afgelope tien jaar bied.

STAR 7022 was die eerste semi-bostipe gryspampoen in hierdie marksegment. Die plante is meer kompak, daarom kan meer plante op ’n land gevestig word om ’n hoër opbrengs te behaal.


Kyk net die gesonde vrugte en groot hoeveelheid vleis van Star 7026. Dis mos hoe ’n pampoen moet lyk!

Boonop is die semi-bostipes 25 tot 30 dae vroeër bekwaam, wat ’n beduidende water- en spuitstofbesparing meebring. ’n Mens kan ook vir ’n langer tyd tussen die plante beweeg vir meganiese onkruidbeheer.

Elke Star-variëteit het unieke kenmerke wat dit presies geskik maak vir ’n besondere doel of tydvak:

STAR 7022: Behaal die beste resultate in someraanplantings. ’n Hoogs produserende variëteit wat in ideale toestande tot drie pampoene per plant lewer. Die vrugte het ’n diep vorm vir maklike verpakking in sakkies vir die varsmark.

STAR 7026 moet verkieslik vir lewering in die vroeë en hoofseisoen geplant word. Dit lewer groot pampoene met ’n uitstekende vleisgehalte. Die vrugte is baie swaar en uitnemend geskik vir die verwerkingsmark. Dit het minimum nate, dik vleis en ’n klein saadholte, wat beteken dat dit baie eetbare pampoen oplewer wanneer dit gesny word.

STAR 7028 is ’n rankvariëteit wat net so gou soos die semi-bostipes bekwaam raak. Dit lewer ’n hoë opbrengs van groot pampoene, wat die bergingsmoontlikheid van ranktipes met die voordele van vinnige groei kombineer. Goeie algemene blaar- en virussiekteweerstand is waargeneem in aanplantings waar ander variëteite nie die paal gehaal het nie.

Hierdie gryspampoenreeks bied ’n variëteit vir elke doel en word voortdurend nog verder verbeter. Vir meer inligting, praat met die produkbestuurder, John Herbert, by 082-808-0129.

All-sweet- en Crimson-sweet-basters palm die waatlemoen mark in

Die voordele om F1-basterwaatlemoene te plant het die grootste deel van die tradisioneel oopbestuifde mark na die all-sweet-bastermarkleiers soos STAR 9905 en STAR 9906 gelok.

Synde basters, is hulle kragtige groeiers wat ’n hoë opbrengs eenvormige vrugte van uitstaande gehalte met klein pitjies lewer. ’n Verdere voordeel van basters is dat jy minder hektare nodig het om dieselfde aantal vrugte te produseer.

STAR 9905 is ’n vroeë- en hoofseisoen all-sweet-baster met groeikragtige ranke en kenmer-kende groot blare, wat die hoë opbrengs ondersteun. Groot tot jumbo-grootte vrugte (10 tot 15 kg) word gelewer. Die variëteit is ideaal vir droëland- en besproei-
ingproduksie en presteer selfs in koeler toestande goed. Die voordele van ’n hoër opbrengs en siekteweerstand teen fusarium ras 1 en antraknose ras 1 laat STAR 9905 kop en skouers bo die ou, oopbestuifde variëteite uittroon.

STAR 9906 is ’n all-sweet-baster vir die hoofseisoen. Dit presteer goed op sowel droëland as onder besproeiing. STAR 9906 se ranke is groot en lewenskragtig met ’n uiters hoë opbrengspotensiaal van medium tot groot vrugte (10 tot 13 kg) van ’n uitstekende gehalte met helderrooi vleis en ’n hoë suiker-inhoud. STAR 9906 presteer goed onder warm weer toestande en die siekte weerstand teen fusarium ras en antraknose ras 1 is ook baie goed.

As jy meer oor waatlemoenproduksie wil weet, praat met die produkbestuurder, Jane Boshoff, by 082-341-8763.

Vir inligting oor Starke Ayres se ander voortreflike groentesaad, skakel kliëntedienste by
0860-782-753 of besoek www.starkeayres.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0