Categories: NewsPublished On: 12th June 2017

Standard Bank skenk R10-miljoen vir die Wes-Kaap

By 1 min read
284 words

baie geld

Standard Bank het ‘n vrygewige R10-miljoen geskenk aan mense wat op straat  is nadat hulle huise afgebrand het in verlede week se storms en brande in Knysna en die Kaap.

“Dit is met diepste simpatie dat ons gedagtes uitgaan na daardie mense wat hulle geliefdes verloor het in die Knysna brande en die storms in Kaapstad. Ons gedagtes is ook by die inwoners wat kwesbaar is en wie se huise afgebrand is,” sê Ben Kruger, besturende direkteur van die Standard Bank-groep.

“Ek is baie bly dat so baie Suid-Afrikaanse burgers en organisasies gehelp het met skenkings. Dit is met die hoop op ‘n beter toekoms dat Standard Bank R10-miljoen skenk. Ons hoop is dat dit verligting sal bring aan dié wat geraak is deur die natuurrampe. In sommige gebiede moet die hele gemeenskap herbou word en my hoop is dat die skenking ‘n verskil sal maak,” voeg Ben by.

Hierdie skenking is bykomend tot die werk wat gedoen word deur Standard Bank Coastal, Knysna, Plettenbergbaai, Mosselbaai en die Kaapse streke se spanne. Die spanne werk sedert verlede  Woensdagaand in die gebiede om te help met kos, komberse en ander skenkings. Daar is ook kos, water en koeldranke aan vuurvegters en mense geskenk en verblyf word aan mense gegee wie se huise afgebrand het.

Standard Bank se versekeringspanne in die gebied het toegewyde versekeringsdienste ingestel by takke om te help met eise.

Baie Standard Bank-personeel in die gebied het ook finansieel die plaaslike inwoners gehelp. Indien enige iemand wil bydra kan skenkings in die volgende Standard Bank rekening inbetaal word en geld sal na die geraakte gebiede in samewerking met SFM 90.1 gestuur word:

Rekeningnaam: SFM Streek Rampfonds

Rekeningnommer: 180559141

Persverklaring uitgereik deur: Magna Carta

0
Views: 155Comments Off on Standard Bank skenk R10-miljoen vir die Wes-Kaap

Deel hierdie artikel.

0