Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Spuit is sports met Parruda

By 3 min read
506 words

Regstaan en raakvat is koning wanneer die boer onkruiddoder, swamdoder of mikro-elemente moet spuit, want wind en weer gee jou nie tyd vir sloer of sukkel nie.

Elke minuut tel, daarom moet jy ’n spuit hê waarop jy kan reken. Dis hoekom die broers, Pierre en Ferdi Osborne van Osborne Boerdery naby Hopetown, ’n Parruda selfaangedrewe hoogloopspuit van Valtrac gebruik om vooruit te boer.

Voorheen het die broers kontrakteurs vir spuitwerk gebruik, maar in 2005 het hulle besluit om hulle eie spuit aan te skaf vir beter beheer. Maar dit moes ’n bielie van ’n spuit wees wat so 9 000 hektaar se spuitwerk per jaar flink kan kafdraf en hulle nooit in die steek laat nie.

Die keuse is nie ligtelik gemaak nie. Hulle het alles bekyk wat die mark bied, dit met hulle behoeftes vergelyk, deeglik somme gemaak en summier op Valtrac se Montana Parruda met sy mede­dingende prys besluit.

So tevrede was hulle met die spuit se foutlose werking dat hulle hom nou teen ’n baie gunstige prys ingeruil het op ’n meer gevorderde Monana Parruda FL 3027H-spuit.

Met sy spuitbalk van 27 meter het hulle al 280 hektaar op ’n dag gespuit as die wind dit toelaat. Sy lugveerstelsel maak dat hy die spilpuntspore maklik kan hanteer, sy ruim, gerieflike kajuit het ’n panoramiese uitsig en dis maklik om met hom te werk.

Jy kan sy wielwydte in die ry van 2,8 tot 3,5 meter verstel en sy spuitbalkhoogte van 600 mm tot 2,2 meter. Sy pype is almal van vlekvry staal en hy is ontwerp om homself gelyk te hou vir deurlopende doeltreffende toediening.

Teen ’n toediening van 200 liter per hektaar kan hy met sy tenk van 3 000 liter 15 hektaar bespuit voordat hy hervul moet word. Die Osbornes gebruik ’n voorafmengwa en pomp die mengsel binne so 5 tot 8 minute oor in die Parruda se tenk.

Elke wiel het sy eie hidrostatiese aandryfmotor sodat die Parruda vastrap sonder om jou gewasse onnodig te vertrap.

Sy satellietbeheer sê vir jou waar jy moet ry om niks oor te slaan of twee keer te bespuit nie en om draaie kan jy sekere seksies afskakel om vermorsing te voorkom.

Die nuwe generasie Parruda is in baie opsigte beter as die vorige model omdat die vervaardigers na die boer se terugvoer luister om hulle produkte te verbeter.

Die Osborne-broers is baie tevrede met Valtrac se diens en kundigheid. Hulle het in 2003 drie Valtra 85-50-trekkers by Valtrac gekoop om graan silo’s toe te ry en daardie trekkers verrig vandag nog elke dag met groot verantwoordelikheid algemene plaaswerk soos sleepwaens en tapkarre trek en skeurploegwerk.

“Op die oomblik wil ons graag niks meer koop nie, maar as ons ooit weer trekkers of werktuie moet koop, sal ons nie skroom om dit by Valtrac te koop nie,” sê Pierre Osborne.

Jy kan ook wen met Valtrac se puik produkte en diens. Valtrac is net daar waar jy hulle nodig kry. Skakel Valtrac by (056) 817-7308 of besoek www-valtrac.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0