Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Spuit-eis-spoed,-maar-Elios-bly-los-voor

By 4 min read

As stamboorders aan jou mielies vreet, moet jy dadelik teen hulle kan optree: jy het nie nog tyd om met ’n spuit te sukkel nie.

Dis hoekom DVN Boerdery tussen Warden en Harrismith ’n Bargam Elios-spuit gebruik.

Bargam het meer as 35 jaar ervaring aan die speerpunt van Europese landboutegnologie en sorg dat elkeen van sy produkte die boer se wins verseker; nie net deur foutlose, betroubare werking nie, maar ook omdat dit na jare se gebruik steeds ’n baie hoë herverkoopwaarde het.

Voeg daarby die toegewyde diens wat handelaars soos Massey Ferguson Bloemfontein bied en jy kan nie verkeerd gaan nie, sê Marais Potgieter, bestuurder van DVN Boerdery.

Die Elios-spuit speel ’n baie belangrike rol in DVN Boer­dery se mielie- en droëboneproduksie vir die beheer van onkruid, insekte en siektes.

Wanneer die vier planters aan die werk spring moet ’n spuit sy storie ken om by te bly met die onkruiddoder. Die Elios doen dit lag-lag omdat hy altyd foutloos doeltreffend spuit en nooit loop staan nie.

En wanneer stamboorder, goggas of roes later jou mielies of bone bedreig moet die spuit reg wees vir ’n onmiddellike teenaanval anders is verliese jou voorland.

Ook hier staan die Elios sy man. ’n Groot voordeel is die feit dat dit so maklik en gou gaan om hom te kalibreer vir verskillende toedienings, vertel Marais. Dit verseker dat jy nie magteloos met ’n spuit staan en spook terwyl peste en plae jou oes verwoes nie.

Met Elios kom jy blitsig aan die werk en wanneer jy op die land lostrek bly jy onverbiddelik en doeltreffend aan die werk om al wat ’n pes is deeglik op sy plek te sit.

“Die belangrikste eienskap wat ek van ’n spuit verwag is akkurate waterplasing,” sê Marais, “en met sy baie goeie sproeierstelsel en pomp gee die Elios presies wat ek wil hê. As jy 200 liter per hektaar wil plaas, stel jy hom om presies 200 liter per hektaar te plaas.”

Hierdie akkuraatheid verseker dat jy die verlangde gifstof- of onkruiddoderwerking kry sonder om ’n druppel te mors.

Voorts is die spuit se konstruksie lekker stewig en sy poli-etileentenk van 2 200 liter is gemaak om te hou. Sy stelsel- en handwasser maak sake veilig en maklik en sy sirkulasie-roeraksie sorg dat jou mengsel deurentyd presies reg bly.

Jy kan ook sy wiele nouer of wyer stel om die ry- en spoorwydtes in jou land te pas, wat veelsydige aanwending verseker.

’n Belangrike voordeel van die Elios is dat sy spuitbalk homself waterpas hou en so akkurate spuitwerk verseker en moontlike skade uitskakel. As een wiel in ’n gat sou trap, lig daardie kant van die spuitbalk dadelik vanself op om die hoogte bo die gewas te behou en sodat die stewige spuitbalk se punt nie dalk in die grond in steek nie.

Marais is ook baie tevrede met die diens wat die verskaffers bied. Hulle het die spuit op die plaas kom demonstreer sodat jy weet presies wat jy koop en hulle kundiges het gehelp met opleiding om die spuit se werking gou-gou baas te raak; nie dat dit moeilik is om met die Elios te werk nie.

Die enkele keer toe ’n diafragma die gees gegee het, was Southtrade se manne blitsvinnig daar en enkele ure later het die Elios doer op die land geloop en spuit.

Die tydige, akkurate beheer van onkruid en insekte kan die verskil tussen wins en verlies beteken, sê Marais, en daarom is dit noodsaaklik dat jy ’n spuit moet hê wat jy vinnig kan ontplooi en waarop jy altyd moet kan reken. “Ons sal beslis weer ’n Bargam Elios koop.”

Die spuit wat jou wins verseker word in die binne­land bemark, versien en gerugsteun deur Bloemfontein Massey Ferguson, die handelaar wat jy altyd sonder sukkel aan die boer help hou. Skakel Neels Hamman (082-558-4456) of Dirk Rossouw (076-481-4882)  of stuur ’n faks na 051-434-3521.

As jy elders boer, skakel Southtrade by 021-981-6044.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment