Spreuke 24: 30 – 34 lui:
Ek het by die land van ‘n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ‘n verstandelose mens,
en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus;
dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ‘n gewapende man.