Spilpuntsukses: Boere is bly, want Talbert is terug!
Dis hoekom boere so bly is om te verneem dat die Steyl-familie weer die trotse verskaffers van hulle bekostigbare, maar duursame en betroubare Talbert-spilpunte is.
Douw en Arno Steyl het met Talbert-spilpunte grootgeword. Die twee broers het van kindstyd af elke vakansie in hulle pa se fabriek gewerk en hulle ken hulle spilpunte en die besproeiingsbedryf tot in die fynste besonderheid.
Saam met hulle is die hele ervare, toegewyde span wat in die verlede so ’n kolskootdiens aan spilpuntboere gelewer het – vanaf die noukeurige ontwerp en vervaardiging tot die uitmeet-, beplanning en oprigtingsaksies op die plaas en die flinke diens om te verseker dat die boer se spilpunt altyd presies die werk doen waarvoor hy hom gekoop het.
Een boer wat bly is oor Talbert terug is, is Corrie Theron van die plaas, Samesuiping, naby Bloemfontein.
Talbert is die beste
“Wat my betref, is Talbert die beste spilpunt wat jy kan kry,” sê hy. Hy het sy eerste Talbert-spilpunt tien jaar gelede laat oprig en het nou agt van hulle. Die prys is redelik, die spilpunte is doeltreffend, stewig en betroubaar en Corrie is bly dat hy nou weer die staatmaker diens kan geniet wat die Steyl-familie bied.
“Terwyl die Steyls in beheer was, het ek regtig geen probleme hoegenaamd met my spilpunte ondervind nie,” vertel hy. “As ek genoeg water gehad het, sou ek beslis nog Talbert-spilpunte laat oprig het. Die Steyls verstaan die boer en bied die tegnologie en diens wat boerdery doeltreffend en lekker maak.”
Toe Corrie destyds besluit het om sy droëland-mielie- en -koringboerdery met besproeiing aan te vul, het hy absoluut niks van spilpunte en besproeiingsboerdery geweet nie – Talbert se mense het hom strykdeur presies die regte raad, hulp en diens gegee, sodat besproeiingsproduksie vandag ’n belangrike deel van sy boerdery vorm.
“Ek produseer drie tot vier keer soveel per hektaar onder spilpunte as op droëland en in hierdie tye van hoë insetkoste en lae pryse, is beheer en hoë produksie noodsaaklik vir oorlewing,” sê hy.
Waai nie om nie
“Eskom se wisselvallige kragvoorsiening is steeds ’n probleem, maar met my Talbert-spilpunte het ek geen probleme nie. Ek weet ook nie van een Talbert-spilpunt wat al omgewaai het nie. Dit is belangrik, want as ’n spilpunt val, dan het jy ernstige skade teen die tyd dat jy hom weer aan die loop kan kry.”
Hieroor stem Johan Odendal, aartappelboer van Petrusburg, saam. Hy het 18 Talbert-spilpunte in ’n gebied waar die wind soms kwaai waai. Ander soorte spilpunte swik soms in die omgewing, maar sy Talberts staan soos torings van stewigheid.
Johan het Talbert-spilpunte wat al meer as vyftien jaar getroue diens lewer met net hier en daar ’n verwagte slytdingetjie wat vervang moes word.
Voldoen aan al die vereistes
Talbert voldoen aan al die vereistes wat Johan aan ’n spilpunt stel:
Eerstens moet ’n spilpunt betroubaar wees en water gee wanneer jou gewasse dit nodig het sonder dat jy nodig het om met hom te sukkel. As ’n aartappelplant nie water kry wanneer hy dit nodig het nie, is jou oes gedoem. Maar onder sy Talberts blink al Johan se aartappels se ogies.
Die spilpunt moet ’n stewige konstruksie hê en goed gegalvaniseer wees en dit is Talbert inderdaad. Hy is spesiaal vir Suid-Afrikaanse boere se uiterste omstandighede gebou en al sy staaldele is warmgegalvaniseer volgens die SABS se streng 763-standaard.
Sy motors en ratkaste moet ’n lang lewensduur hê en ook aan hierdie vereiste voldoen Talbert uitmuntend.
Onderdele en diens byderhand – oral in die land
’n Verdere belangrike vereiste is dat onderdele maklik bekombaar en bekostigbaar moet wees. Talbert het ’n goeie voorraad onderdele vir elke spilpunt wat hulle nog ooit gemaak het, ook in die tyd toe dit onder die Rhino-naam versprei is, en alles pas nog steeds sodat jy nooit met ’n verkeerde onderdeel sal hoef te sukkel nie.
Die Steyl-broers bied nou weer die gestandaardiseerde oorspronklike Talbert, maar die gehalte is selfs nog beter as in die verlede. Dit is die voordeel van ervaring.
Jy kan ook in die voordeel van Talbert-spilpunte se ervaring, toewyding, werkstrots en begrip vir die boer deel. Praat vandag met Talbert se bemarkingsbestuurder, Koos Coetzer, by 082-802-1906 of stuur ’n e-pos aan koos@talbert.co.za.
Talbert en sy verspreidingsagente staan reg om boere regoor Suid-Afrika bly te maak met die lonendste besproeiingsopsie.