Categories: NewsPublished On: 31st May 2010

Spilpuntbesproeiing:-Wenboere-verkies-Valley

By 1 min read

‘n Mens word nie jou streek se Boer van die Jaar met sukkeltoerusting nie. Van der Spuy Botes Boerdery van Douglas vertrou hulle kosbare aartappels, koring, mielies, uie, gars, lusern, saadsonneblom en weidingsgewasse net aan die beste spilpunte toe: Valley.

Spilpunte is immers die sleutel van hierdie boerdery se sukses, sê Tiaan Vlok, bestuurder. Insetkoste is hoog en as ’n spilpunt staan, kan die skade baie groot wees, sê hy. Aartappels kan siektes kry en mielies en koring kan onderbestuif, met aansienlike opbrengsverlies as gevolg.

Douglas se wêreld is warm en droog. As koring in die aar kom, moet dit tot 65 mm water per week kry.

Valley gee die boer gemoedsrus op meer as een manier: Eerstens is Valley die wêreldleier wat ontwerpvernuf, vervaardigingstandaarde en betroubaarheid betref.

Tweedens laat Valley jou nooit in die steek nie. Sou ’n onderdeel na jare en jare se diens vervang moet word, dan is nuwe, betroubare Valley-onderdele in ’n kits beskikbaar en voor jou gewasse begin dors ly, stap jou Valley-spilpunt weer!

Boonop word Valley gerugsteun deur die voorste kenners van besproeiingstegnologie.

Jy kan ook wen met Valley. Praat met Cobus Myburgh 082-734-1283 as jy in die Noord-Kaap of Vrystaat boer, of met Gert van der Werff 082-451-5055 as jy elders in die land boer. Besoek ook www.valleyirrigation.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0