Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Spesiaal:-Die-perfekte-vragmotor-vir-SA-se-boere

By 3 min read
596 words

Suid-Afrika se landboubedryf stel spesiale eise aan ’n vragmotor. Dis hoekom al hoe meer boere die perfekte boerevragmotor kies: FAW.

Een van die belangrikste oorwegings is die feit dat jy nie jou plaas hoef te verkoop om ‘n FAW-vragmotor te bekostig nie. FAW word betroubaar, bekostigbaar en doeltreffend gemaak sonder fieterjasies en tierlantyntjies wat die prys onnodig opjaag.

Die afwesigheid van fênsie goetertjies sorg sommer ook dat FAW ’n betroubare staatmaker is wat jou nie langs die pad in die steek sal laat nie. Dit verseker ook dat versiening en onderhoud altyd maklik en bekostigbaar bly

Nogtans het elke FAW presies alles wat nodig is om doeltreffend en veilig en betroubaar te kan werk. Net die beste tegnologie en materiaal word gebruik om vir die FAW-eienaar jare en jare se eerlike, betroubare diens te verseker.

FAW-vragmotors se gedugte en bewese FAW- en Steyerenjins is die toonbeeld van onwrikbare betroubaarheid, wat FAW die gewilde keuse maak in verafgeleë gebiede van Angola, Tanzanië, Botswana, Namibië en alle nabye buurlande waar net die taaiste trokke oorleef.

Vir die boer bied FAW meer as ’n eersteklas vragmotor – hy bied jou ’n werkbare, betroubare, bekostigbare vervoeroplossing sonder swets of sukkel. Professionele handelaars regoor die land en in al die buurstate staan reg om ‘n 24/7-ondersteuningsdiens te bied.

Elke handelaar hou ’n voorgeskrewe reeks onderdele in voorraad en as hy jou dalk nie kan help nie, is daar R40-miljoen se onderdele by FAW se aanleg in Spartan. Met FAW sal jy nooit hulpeloos langs die pad bly staan nie, verseker die besturende direkteur, Richard Leiter persoonlik.

Elke FAW-vragmotor het ’n waarborg van 12 maande of 100 000 km en daar is ‘n grootte met ’n bakwerk spesiaal vir jou behoeftes.
Kyk net:

Die 7.130 FL is ’n stewige drietontrok met ’n turbo-aanjaer en tussenverkoeler. Sy enjin van 4,752 liter lewer 96 kW teen 2 500 opm en 390 Nm teen 1 400 tot 1 600 opm. Sy kajuit en onderstel is altesaam 6 932 mm lank.

Die 9.130 FL is ’n viertonner met dieselfde enjin en vyfspoedratkas as die drietonner. Sy kajuit en onderstel is 7 300mm lank. Hierdie trokke is ideaal vir die boer wat ’n paar beeste op ’n slag wil vervoer.

Die 9.140 FL is ’n 4,5-tonner met ’n 104 kW-enjin,’n sesgangratkas en twee dieseltenks wat elk 150 liter hou.

Die 11.140 FL het dieselfde enjin en ratkas as die 9.140 FL-tonner, maar hy is ‘n sestonner.

Die 15.180 FL is ’n stewige agttonner met ’n turbodieselenjin van 134 kW en ’n sesspoedratkas. Hy is beskikbaar met ’n baklengte van 6,2 of 7,2 meter.

Die bulperd waarmee die boer met vertroue ’n groot vrag vee of produkte kan vervoer, is die 14-tonner 28.280 FL met sy dubbelagteras. Hierdie staatmaker met sy Steyer-enjin van 9,726 liter met interverkoelde turbo-aanjaer skop ’n
gedugte 208 kW teen 2 300 opm en 1 050 Nm teen 1 400 opm uit en kan ook ’n wa sleep met tien ton daarop.

Sy 9-spoedratkas se perfekte strekke sorg dat jy krag vir elke spoed en geleentheid het en met sy kragsteunstuur en ergonomies ontwerpte kajuit is bestuur pure plesier.

Sy dubbelkring-lugremme sorg dat jy veilig kan stop as dit nodig is, sy 300- liter dieseltenk bring jou ver voordat jy hoef vol te maak en sy stewige onderstel en betroubare veerstelsel sorg dat hy sy vrag soos ’n man dra sonder om die bestuurder moeg te maak.

Moenie langer sukkel met duur, onekonomiese flentervervoer nie. Sluit aan by die wenspan. Praat met Eugene van der Berg by 082-496-2825 of eugene@fawsa.com of besoek www.fawtrucks.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0