Categories: NewsPublished On: 10th May 2011

Spaar krag vir die dag van more

By 1 min read
181 words

Van rou tot gaar in 20 minute! Dit is hoe lank dit neem vir rys om in hierdie potjie op die sonstoof te kook.

Op 2 Julie 2011 word die jaarlikse Kragdag by Diamantvallei, sowat 25 km oos van Pretoria, aangebied. Dit is waar produkte soos die sonstoof uitgestal en gedemonstreer word.

Daar is ‘n groot verskeidenheid kragbesparingsprodukte en slim planne wat besigtig en bespreek kan word en daar word ook wenke gegee vir kragbesparing in bestaande huise of vir die boerdery.

ProAgri beplan om ook in sy volgende uitgawe ‘n artikel te publiseer waarin ons inligting aan ons lesers deurgee oor kragbesparing in die winter.

Ons rig ‘n vriendelike uitnodiging aan enige een wat ook sy/haar idee’s of wenke met ons wil deel om ‘n e-pos te stuur na annemarie@proagri.co.za. Kom ons kyk of ons hande kan vat om krag (en geld!) te spaar vir die dag van more.

Om betrokke te raak as uitstaller by die Kragdag, skakel Alida Verwoerd by 012-736-2154 of stuur ‘n e-pos na info@diamantvallei.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0