Categories: NewsPublished On: 25th January 2011

Soutpansbergboere is keelvol vir die swak toestand van die tolpad

By 1 min read
199 words

Mnr Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie, het sy kommer uitgespreek oor die toestand van die N1 tussen Messina en Louis Trichard nadat die padoppervlakte van groot gedeeltes daarvan begin verkrummel het. 

 
Blykbaar breek die teer aan die kante van die pad op. Op sommige plekke is die teerlaag al so verweer dat die geel streep aan die kant van die pad ook al weggekrummel het. Die grond langs die skouers is al meer as 5 cm diep uitgetrap. Dit hou ‘n beduidende gevaar vir motoriste in wat uit nood van die pad moet aftrek. 
 
Die vraag word gevra of dié tolpad regtig die waarde verteenwoordig inruil vir waarvoor betaal word.
 
In ‘n brief versoek die landbou-unie die Suid Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANPA) om met verduidelikings voorendag te kom. Hulle wil van die agentskap weet wat hulle inkomste uit die tolhek is, watter eise daar sedert 2005 teen die agentskap gemaak is en watter instandhuoding daar vorentoe aan die pad gedoen gaan word.
 
Mnr Hoffman het gesê dat dit uiters onaanvaarbaar is dat ‘n pad waarvan die skouers reeds grootliks verkrummel het, nog steeds so duur is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0