Southtrade maak lusern lekker lonend
Niemand kan stry dat lusern ’n wonderlike voer is nie. En as ’n mens die regte toerusting het, is dit net so lekker om met lusern te boer.
Piet Wessels van die plaas, Long Lead, naby Wepener, is doodtevrede met sy Bellon D6L-driepunttolsnyer se prestasie.
Die snyer het ses tolle en elke tol het drie lemme, wat verseker dat jy jou lusern netjies en skoon afsny teen ’n tempo van 2,5 hektaar per uur.
Die D6L sny 2,45 meter wyd en ’n trekker van 45 kW is mans genoeg vir hom.
Kyk net, wys Piet: Jy kan sommer sien die snyer se struktuur is stewiger as sy mededingers se ou sawwe lyfies. Sy raamwerk is sterk gebou en sy seil se stut slim ontwerp sodat materiaal nie daaraan saampak nie.
Hy werk maklik, haak maklik aan en af, laai maklik op ’n bakkie en omdat hy sy staaf regtig hoog oplig kom jy sonder stampe en stote deur nou hekke met hom.
Piet het nog nooit nodig gehad om aan die snyer te werk nie, maar hy is nogtans bly oor die feit dat jy sy tolle een-een kan uithaal om laers te vervang. “Met die soort waar jy al die tolle moet uitryg om aan net een te werk bly jy ’n dag besig, maar dit is duidelik dat dieselfde taak aan die Bellon uiters 20 minute sal verg.”
Die Bellon werk vir jou; nie jy vir hom nie. Om hom te olie en te versien is baie eenvoudig, maklik en vinnig – en na sy eerste jaar se diens was dit nog net nodig om lemmetjies te vervang.
Johan Wilken van die plaas, Klawerhoek, naby Rouxville, sê ook sy Bellon D6L is beslis waarde vir geld en gee geen probleme nie.
Boonop is die agent, MF Bloemfontein, en die verskaffer, Southtrade, bekend vir die goeie diens wat hulle aan die boer lewer, sê hy.
Daarmee stem Piet Wessels saam en vertel hoe MF Bloemfontein hom binne drie dae kon help met al die onderdele wat hy vir ’n ou model Massey Ferguson nodig gehad het.
Bellon bied ook driepunt-tolsnyers met kneusers as jy jou lusern nog ’n stappie verder wil verbeter.
Boer jy groter en haastiger, is daar Southtrade se ratse Marangon-sleeptolsnyer met kneusers wat vanaf 242 tot 318 cm wyd sny met 6, 7 of 8 tolle.
Vir die optelslag bied Southtrade ’n verskeidenheid wielharke. Daar is die Acrobat reguit wielharke in weergawes met 4 of 5 wiele wat van 2,25 tot 2,5 meter wyd werk, en die V-gemonteerde modelle met 8 wiele (5,4 meter) en 10 wiele (6,7 meter).
As jy jou materiaal vollediger wil optel en ewerediger deurlug, is Southtrade se Borello-kraghark met sy werkwydte van 3,5 meter jou antwoord. Dis die soort kraghark wat Piet Wessels het en hy is baie tevrede met hom.
Dat Southtrade en MF Bloemfontein se kliënte tevrede is, is geen toeval nie. Neels Hamman en sy span loop immers al die pad saam met die boer. Daarom nooi Neels boere: “Kontak ons sodat ons jou kan help om ’n werklike behoeftebepaling te maak en daarvolgens aanbevelings te maak wat jou boerdery makliker en lonender maak.”
Kom wen saam. As jy in die binneland boer, skakel Neels Hamman (082-558-4456) of Dirk Rossouw (076-481-4882) van Massey Ferguson Bloemfontein of stuur ’n faks aan 051-434-3521. As jy elders in die land boer, skakel Southtrade by 021-981-6044.