Categories: NewsPublished On: 27th July 2011

Sorghum en grondbone ly onder nat weer

By 2 min read

Die oesskattingskomitee se jongste verslag dui daarop dat veral sorghum en grondbone skade opgedoen het as gevolg van die ongewone nat weer in sekere dele van die land. Die mielie-oes is net effens afwaarts aangepas:

Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 10,854 miljoen ton gestel, wat 1,31 % of 143 650 ton laer is as die vorige skatting van 10,998 miljoen ton. Die totale skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,372 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,58 t/ha beloop. Die oppervlak onder witmielies is 1,418 miljoen ha en vir geelmielies is dit 954 000 ha. Die opbrengs van witmielies is 4,44 t/ha. In die geval van geelmielies is dit 4,77 t/ha.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is opwaarts aangepas met 5,32% na 821 970 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 642 700 ha, en die verwagte opbrengs is 1,28 t/ha.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is ook opwaarts aangepas met 1,36% na 708 750 ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 418 000 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,70 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes het afgeneem met 4 515 ton na 78 695 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 55 150 ha en die verwagte opbrengs is 1,43 t/ha.

Die produksieskatting van sorghum is 173 250 ton, wat 18 650 ton minder is as die 191 900 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 69 200 ha en die verwagte opbrengs is 2,50 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 45 250 ton. Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 41 900 ha, en die verwagte opbrengs is 1,08 t/ha.

Die sewende produksieskatting vir somergewasse vir 2011 sal op 25 Augustus 2011 vrygestel word.

Wintergewasse – 2011 produksie-seisoen

Die voorlopige oppervlakteskatting is gebaseer op die resultate van ‘n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise en weerspieël die situasie teen die middel van Julie 2011. Let wel, inligting van die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”), sal later vrygestel word.

Koring: Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 602 000 ha, wat 7,87 % of 43 900 ha meer is as die 558 100 ha wat verlede seisoen aangeplant is.Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 266 000 ha, wat 1 000 ha meer is as die 265 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Vir die Vrystaat is die aanplantings 235 000 ha, wat 31 000 ha meer is as die 204 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap het met 4 000 ha toegeneem tot 42 000 ha.

Ander gewasse: Die voorlopige oppervlakskatting vir moutgars is 80 350 ha, wat 2,81% of 2 320 ha minder is as die 82 670 ha van verlede seisoen. Die oppervlakte onder kanola is 38 510 ha, wat 10,6% meer is as die 34 820 ha wat verlede seisoen aangeplant is.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0