Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Sonneblom en droëbone: Plant Pannar pakkette vir pure prestasie

By 4 min read

Goeie nuus vir die saaiboer is Pannar se gedugte sonneblom- en droëboonpakket met goeie stabiliteit en wye gebiedsaanpassing.

Pannar vier vanjaar ’n halwe eeu in die saadbedryf en is vandag, soos 50 jaar gelede, steeds verbind tot gehalte, uitnemendheid en uitstaande kultivars.

’n Sonneblompakket vir bul-opbrengste

Met sy uitgebreide navorsings­program stel Pannar jaarliks nuwe kultivars vry wat beter aangepas is met verbeterde opbrengste, beter siekteweerstand en beter agronomiese eienskappe.

Bruinroes (Puccinia helianthi), algemeen bekend as sonneblomroes, kom wyd by sonneblom-aanplantings voor. Swaar besmettings daarvan verlaag saadopbrengs en benadeel die olie-inhoud nadelig.

Die eerste waarneming van sonneblomroes is gewoonlik rooibruin roespuisies aan die onderkante van blare. Later in die seisoen, wanneer dit in ’n oorlewingsvorm oorgaan, is hierdie roespuisies meer opmerklik en donkerbruin tot swart van kleur.

In gunstige toestande kom dit oor die hele blaaroppervlak voor en kan daartoe lei dat plante baie vinniger stroopge­reed raak, maar baie minder saad oplewer.

Roesswamme is dinamies en nuwe roesrasse kan voortdurend vorm. Dit kan daartoe lei dat bestaande weerstand by ’n kultivar binne enkele seisoene oorkom kan word.

So ’n rasverandering het drie seisoene gelede in Suid-Afrika plaasgevind en groot oesverliese tot gevolg gehad. Dit is daarom baie belangrik dat roesrasse en basters se vatbaarheid vir roes deurgaans dopgehou word. Al Pannar se ingeteelde lyne is reeds vir weerstand teen heersende roesrasse geselek­teer en al die nuwe basters het goeie weerstand daarteen.

Sonneblombasters

Pannar het sy sonneblompak­ket aangevul met uitstekende nuwe basters, naamlik PAN 7048, PAN 7049 en PAN 7050. Die nuwe toe­voegings vul die bestaande pakket goed aan en bied die boer die keuse van wêreldgehalte genetika wat uitstekend aangepas is vir Suid-Afrikaan­se toestande.

PAN 7033:
’n Wenner PAN 7033 het hom baie vinnig as die leierbaster in Suid-Afrika gevestig. Dit is die toppresteerder in Pannar se nasionale proewe. PAN 7033 is ’n volseisoen baster en bied as bonus ook weerstand teen bruinroes. Die baster word as hoofbaster in die pakket aanbeveel.

PAN 7726HO:
Hoë oleïen spesialisbaster PAN 7726HO het ’n oliesamestelling met hoë oleïeninhoud van 80%. Hierdie baster produseer ’n hoë persentasie mono-onversadigde olie (vetsure) wat die oliegehalte verhoog in terme van gesondheid asook vir gebruik vir die diepbraaibedryf. Hierdie olie is baie “gesonder” vir die mens. Dit staan bekend as essensiële olie en word deur die Hartstigting onderskryf as deel van ’n gesonde dieet. PAN 7726HO het goeie opbrengspotensiaal. Jy ken hom maklik uit aan sy silwergrys pitkleur. Hierdie is ’n spesiali­teitsbaster wat onder kontrak verbou moet word.

PAN 7048: Hoë opbrengs en olie-inhoud 
Hierdie volseisoen baster het ’n uitstekende opbrengsstabiliteit en ’n hoë olie-opbrengs. PAN 7048 word aanbeveel vir gebiede waar bruinroes ’n probleem is. Dit is bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).

PAN 7049:
’n Toppresteerder Hierdie is die afgelope drie jaar ’n toppresteerder in Pannar se kultivarproewe. Dit is ’n baie egalige volseisoen baster en bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi). PAN 7049 word aanbeveel vir alle sonneblomproduserende gebiede.

PAN 7050:
Hierdie was in die 2006/07-seisoen die toppresteerder in die LNR se nasionale kultivarproewe. Dit is ’n egalige volseisoen baster met ’n uitstekende olie-opbrengs en bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi). Die baster het ’n kenmerkende korter planttipe wat stroopbaarheid verbeter en word vir al die sonneblomproduserende gebiede aanbeveel.

Boer vooruit met droëbone

Die kultivars PAN 148 en PAN 128 is alom bekend vir uitsonderlike opbrengsprestasie en stabiliteit. Albei is goed aangepas vir die hoof-suikerboonproduksiegebiede.

Die pakket word aangevul met PAN 118 en PAN 116, wat albei uitsonderlike opbrengs­prestasie en stabiliteit bied.

Pannar se suikerboonpakket kombineer ’n wye keuse van voordelige eienskappe vir al die produksiegebiede. Pannar se rooi gespikkelde suikerboonpakket word nou aangevul met ’n nuwe staatmaker:

PAN 9249:
Hierdie suikerboonkultivar produseer die grootste sade in die Pannar pakket en is goed aangepas vir al die droëboonproduksiegebiede. PAN 9249 is ’n toppresteren­de kultivar in meerjarige LNR nasionale proewe en bied uitstekende opbrengsprestasie en stabiliteit. Dit het goeie algemene siekteweerstand, insluitend roes-, hoekigeblaarvlek- en BMV-weerstand.

Pannar bemark ’n volledige pakket van somer- en wintergewasse en met sy wye bemarkingsnetwerk is dit ’n gerieflike eenstop saadverskaffer. Vir meer inligting, kontak een van die onderstaande streekskantore.

Hoofkantoor: 033-413-9500, e-pos: infoserve@pannar.co.za, webwerf: http://www.pannar.com
KwaZulu-Natal en Kaap-gebied (Greytown): 033-413-9500
Noordwes-gebied
(Klerksdorp): 018-406-1700
Oostelike gebied (Delmas): 013-665-6400
Sentraal-gebied (Heidelberg): 016-341-5881
Vrystaat-gebied (Kroonstad): 056-216-3000

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment