Categories: NewsPublished On: 5th December 2011

Someroes-is-effens-laer-as-verwag

By 1 min read
Die mielie-oes vir die 2011-seisoen is op 10 360 000 ton vasgestel. Die finale skatting in September was 10,608 000 ton, wat 2,3 % hoër is as die oes wat toe gerealiseer het. Die algehele oppervlakte onder mielies was 2 372 300 ha. Indien mens die deelsom doen, kry jy ‘n gemiddelde opbrengs van 4,37 ton per hektaar.
 
Die 10 360 000 ton mielie-oes het uit 6 052 000 ton witmielies en 4 308 000 ton geelmielies bestaan.
 
Die verwagte oes vir kommersiële sonneblomsaad, grondbone en sorghum is ook met onderskeidelik 0,2%, 5,9% en 0,3% oorskat en het gerealiseer as:
 
sonneblomsaad  – 860 000 ton
grondbone – 64 250 ton
sorghum – 155 000 ton
 
Die verwagte oes vir sojabone is met 0,2% onderskat en het op 710 000 ton te staan gekom.
 
Die Oesskattingskomitee het gesê die hoofrede vir hierdie jaar se oorskatting kan aan wisselvallige weerpatrone toegeskryf word. In sommige gebiede was daar langdurige droë tydperke, gevolg deur onvoorspelbare reënerige tye, wat verliese tot gevolg gehad het vir meeste van die gewasse. Nat weer het ook die insameling van oeste bemoeilik.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0