Soja,-sonneblom-en-droëbone:-Dis-nie-net-PANNARsaad-wat-groei-nie,-maar-ook-PANNARboere
|
Kragtige groei is in elke PANNAR pit gepak, gereed om welig uit te bars sodra die plantseisoen vanjaar begin. Hierdie voortreflike saad is die gevolg van meer as 50 jaar se volgehoue, intensiewe navorsing om immerdeur beter genetika vir boere te ontwikkel.
PANNAR personeel se spore lê kwistig gesaai op plase regoor Suid-Afrika, want dit is noue samewerking tussen boer en navorser wat sorg vir die nommerpas saad vir elke moontlike produksietoestand.
Wen met PANNAR se soja
Sojabone is die ideale wisselbougewas met mielies en koring. PANNAR se Roundup Ready®-kultivars gee die sojaboonboer ’n voorsprong met ’n veelsydige, volledige pakket van verskillende groei-klasse vir al die produksiegebiede. Die pakket sluit spesialiskultivars met ’n regop groeiwyse in, geskik vir nou rye onder besproeiing.
Gebruik van PANNAR se sojasaad verseker genetiese vooruitgang wat die boer daartoe in staat stel om tot in die verste toekoms volhoubaar en winsgewend te produseer.
Roundup Ready®-kultivars
Vinnige groeiers vir koel gebiede en later aanplanting in matige gebiede:
PAN 1454R: Eerste oor die wenstreep
- ’n Vinnige kultivar vir gebiede met ’n kort groeiseisoen
- Gehard en ideaal geskik vir die oostelike Hoëveld
- Eerste keuse vir wisselbou met koring
- Hoë olie-inhoud
Medium groeiseisoenklas vir gematigde gebiede en later aanplanting in die warm gebiede (besproeiing)
A5409RG: ’n Uiters stabiele staatmaker. Dit was die eerste RR-sojaboon in die RSA en word met goeie rede steeds wyd aangeplant.
PAN 535R: Kompak en bekwaam
- Aanbeveel vir alle produksiegebiede, alhoewel dit die beste aangepas is vir die koel en matige gebiede
- Die kort planttipe mag opbrengsbeperkend wees by ’n laat plantdatum in warm gebiede
PAN 1583R: ’n Nuwe kultivar, wyd aangepas vir koel en matige streke
- Kort planttipe, spesialis-sojaboon aangepas vir hoë plantbevolking en nou rye
- Baie goeie staanvermoë
PAN 1664R: Man, kan hierdie sojaboon produseer!
- Aanskoulike produksievolume
- Aantreklike planttipe en wye gebiedsaanpasbaarheid
- Veelsydige kultivar met goeie agronomiese balans
PAN 1666R: Ongeëwenaard!
- Baie aantreklike planttipe
- Presteer goed in alle produksiegebiede
- Uitstekende staanvermoë, goeie peulhoogte en weerstand teen oopspring
- Nie aanbeveel vir warm besproeiingsgebiede nie
Laat groeiseisoen kultivar vir vroeë aanplanting in matige gebiede en hoofaanplanting in warm gebiede (besproeiing)
PAN 737R: Rotsvaste stabiliteit
- Soortgelyk aan die PANNAR kultivars met smal blare soos vantevore
- Ideaal vir sowel droëlandverbouing as besproeiing
- Gedy veral in warm produksie-gebiede, maar ook relatief goed aangepas vir die koel produksiegebiede en koeler seisoene
- Plant teen die standaard plantbevolking
Roundup Ready® is ’n geregistreerde handelsmark en word in lisensie van Monsanto Technology LLC gebruik.
Wat konvensionele kultivars betref, bied PANNAR in die medium groeiseisoenklas vir matige gebiede en later aanplanting in die warmer
gebiede (besproeiing).
PAN 1652: Agronomies hoogs aanvaarbaar
- Aanbeveel vir al die produksie-gebiede en besonder goed aangepas vir die koeler dele.
- Uitstekende agronomiese eienskappe sluit goeie staanvermoë, peulhoogte en weerstand teen oopspring in
- Goeie droogtebestandheid
PANNAR se sonneblombasters sit sonskyn in jou beursie
|
PANNAR bied die boer ’n skitterende keuse sonneblomkultivars in die medium en medium-laat groeiseisoenklas.
PAN 7033 en PAN 7049 met bruinroesweerstand vorm ’n gedugte pakket. Die basters is sinoniem met hoë opbrengspoten-siaal, uitstekende stabiliteit oor seisoene en wye gebiedsaanpasbaarheid. Die pakket word aangevul met ’n Clearfield®-baster vir doeltreffende na-opkoms onkruidbeheer, asook ’n baster met ’n hoë oleïensuurinhoud.
Medium groeiseisoenklas
PAN 7351: Stabiliteit en wye gebiedsaanpasbaarheid
- Hoë opbrengspotensiaal en stabiliteit vir uitstekende prestasie in kommersiële aanplantings
- ’n Staatmaker in al die sonneblomproduksiegebiede en presteer besonder goed in die vernaamste sonneblomproduksiegebiede
- ’n Goeie aanvulling vir PAN 7033 in ’n pakket
PAN 7726HO: Nuwe hoë-oleïen-suurbaster
- Egalige baster met goeie opbrengspotensiaal
- Silwergys pitkleur wat dit maklik herkenbaar maak tydens lewering
- Oleïeninhoud van 80% en hoër, ideaal vir die diepbraaibedryf
- Spesialiteitsbaster wat onder kontrak verbou moet word
PAN 7063CL: Nuwe baster met Clearfield®-onkruidbeheer
- Voorloper van ’n nuwe onkruidbeheerstelsel in sonneblomproduksie
- Doeltreffende onkruidbeheer met Euro-Lightning®- (imazethapyr) -onkruiddoder
- Na-opkomsbeheer van ’n breë spektrum breëblaaronkruide en grasse
- Die weerstand is ’n natuurlike mutasie; dis nie geneties aangepas nie
- Hoë olie-inhoudkultivar met goeie stroopbaarheid Clearfield is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF
Medium-laat groeiseisoenklas
PAN 7033: Die vlagskip met bruinroesweerstand
- Toppresteerder in PANNAR kultivarproewe die afgelope drie jaar
- Word as hoofaanplanting vir al die produksiestreke aanbeveel
- Stadiger afdroging
- Word aanbeveel waar hoë druk van bruinroes ondervind word
PAN 7049: Nuwe kultivar met uitstekende opbrengspotensiaal
- Baie egalige, volseisoenbaster met bruinroesweerstand
- ’n Toppresteerder in PANNAR en die LNR se kultivarproewe die afgelope drie jaar
- Aanbeveel as hoofaanplanting vir alle sonneblomproduserende gebiede
- Bestand teen alle huidige rasse van bruinroes
PAN 7050: Nuwe kultivar met ’n hoë olie-inhoud en bruinroesweerstand
- Een van die toppresteerders in die LNR se nasionale kultivarproewe die afgelope drie jaar
- Egalige volseisoenbaster met uitstekende olie-opbrengs
- Kenmerkende korter planttipe, wat stroopbaarheid verbeter
- Aanbeveel vir alle sonneblomproduksiegebiede
- Bestand teen alle huidige rasse van bruinroes
PAN 7057: Nuwe kultivar met ’n hoë olie-inhoud en bruinroesweerstand
- Hierdie nuwegenerasiebaster is ’n toppresteerder met wye aanpasbaarheid oor al die produksiegebiede en ’n uitstekende olie-inhoud
- Toppresteerder in LNR-proewe in die 2008/09-seisoen
- Vul PAN 7033 en PAN 7049 baie goed aan in die pakket, sodat die drie basters saam vir die hoofaanplanting aanbeveel word
- Bestand teen alle huidige rasse van bruinroes
Droëbone laat wins vloei
Die volgehoue plaaslike vraag na droëbone, saam met PANNAR se puik kultivars, bied boere die geleentheid om ’n gawe slag te slaan met dié gewas. Volgens die Droëboneprodusente-organisasie is droëboonvoorraad internasionaal onder druk en plaaslike pryse is stewig omdat die produksie tans nie in die vraag kan voorsien nie.
Rooi gespikkelde bone
PAN 116: Regop, onbepaalde groeiwyse
- Die eerste rooi gespikkelde boontipe wat belofte inhou vir direkte meganiese stroop.
- ’n Goeie keuse vir die produksiegebiede van KwaZulu-Natal en die Vrystaat
- Unieke kombinasie van regop planttipe met ’n onbepaalde groeiwyse en uitstekende staanvermoë
- Grootsadig
- Uitstekende algemene siekteweerstand, insluitend teen roes, hoekige blaarvlek en BMV
PAN 139: Regop, onbepaalde groeiwyse
- Hou belofte in vir direkte meganiese stroop
- ’n Goeie keuse vir die produksiegebiede van KwaZulu-Natal en die Vrystaat
- Unieke kombinasie van regop planttipe met ’n onbepaalde groeiwyse en uitstekende staanvermoë
- Uitstekende algemene siekteweerstand, insluitend teen roes, hoekige blaarvlek en BMV
PAN 128: Uitstekende opbrengs-prestasie en stabiliteit
- Soortgelyk aan PAN 148 met beter saadgehalte-eienskappe en opbrengsstabiliteit
- Goed aangepas vir al die droëboonproduksiestreke en veral mededingend in die Oos-Vry-staat, Mpumalanga en westelike produksiegebiede
- Matig bestand teen roes en BMV
PAN 148: ’n Bewese presteerder
- Reeds meer as tien jaar ’n staatmaker in Suid-Afrika
- Goed aangepas in al die produksiestreke en steeds die gunste-lingkultivar in Mpumalanga
PAN 9249: ’n Nuwe kultivar met uitstekende opbrengsprestasie en stabiliteit
- ’n Grootsadige kultivar geskik vir al die droëboonproduksiegebiede, maar presteer veral goed in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, en Noordwes
- Goeie algemene siekteweerstand inluitend teen roes, hoekige blaarvlek en BMV
Kundigheid en diens
Dis nie net PANNAR se saad wat kragtig groei nie, maar ook PANNAR se kliënte. Daarvoor sorg PANNAR se wakker span navorsers, saadtelers, landboukundiges en verteenwoordigers wat die pad tree vir tree saam met die boer loop om te verseker dat hy deurgaans net die beste resultate behaal.
Vir meer inligting oor PANNAR se groeikragtige saad en flink diens aan die boer, praat met een van die volgende:
Hoofkantoor: 033-413-9500 of infoserve@pannar.co.za
KwaZulu-Natal en Kaap: 033-413-9500
Wes-Vrystaat en Noord-Kaap: 056-216-3000
Noordwes: 018-406-1700
Gauteng, Suid-Mpumalanga en Oos-Vrystaat: 016-341-5881
Oostelike Hoëveld en Limpopo: 013-665-8500
Ontwikkelende produsente: 033-413-9500
Besoek ook www.pannar.com