Categories: NewsPublished On: 12th July 2011

Soek-die-sak

By 1 min read

Om vuilgoedblikke leeg te maak is maar altyd ‘n nare taak en as jy dan elke keer na die nuwe vuilgoedsakke moet soek om een in die blik te sit, is dit erger. Bêre die rol of pak nuwe vuilgoedsakke onder in die blik voordat jy die nuwe een insit, dan is dit altyd byderhand, raak nooit weg nie en neem nie ander plek op nie.

‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder hoef te sukkel. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0