Categories: NewsPublished On: 8th February 2011

Soek die mooiste mielie

By 1 min read
128 words

Die saadmaatskappy, Pannar, se mieliedoolhof is onlangs by die padstal-sentrum, Piggly Wiggly in die Natalse Middelland geopen.

Die doolhof is een-en-‘n-half hektaar groot en is met 80 000 PAN 6Q-445B mielies beplant. Sowat 25 plante is uitgehaal om die kronkelpad te vorm. 
 
Die doel van die doolhof is om mense bewus te maak van die belang van mielies as stapelvoedsel asook die Pannar-handelsmerk en om ‘n bydra te lewer tot toerisme en opvoeding. 
 
Die mielie-doolhof sal tot oestyd in Junie besigtig kan word. 
 
Ondertussen kan kommersiële boere gerus ‘n nota maak van Pannar se gewas- Extravaganzas wat eersdaags plaasvind: Delmas: 16 – 17 Februarie (013-665-8500), Klerksdorp: 23 – 24 Februarie (018-406-1700), Kroonstad: 3 Maart (056-216-3013) en Biesiesvlei: 16 Maart (018-406-1700).
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0