So sê die boer: Land Cruiser is die taai bakkie waarop jy kan reken
DaaSo-se-die-boer-Land-Cruiser-is-die-taai-bakkie-waarop-jy-kan-reken/strong> bees- en wildboer van Dwaalboom, daar doer in die Bosveld: Toyota se Land Cruiser.
Zwei boer nou al 20 jaar met Land Cruiser en daar is geen manier waarop hy ’n ander voertuig sal oorweeg nie. Hy het immers al die ander beproef voordat hy op die beste besluit het.
By Zwei moet ’n bakkie elke dag sy plig doen om sy diesel te verdien. Swaar vragte voer vir sy beeste en buffels moet oor lelike paaie, deur sand, modder en oor klippe aangery word – en niks kon sy Land Cruiser nog nooit stuit nie.
Selfs wanneer hy 40 sakke meel van 50 kg elk laai, draf die Land Cruiser gewillig en stabiel teen 120 km/h oor ’n lelike pad.
“As jy ’n Land Cruiser gery het, dan koop jy nooit weer iets anders nie,” sê Zwei.
’n Land Cruiser met 15 en meer jaar strawwe diens agter die rug werk nog steeds so goed soos ’n nuwe een, sê Zwei, maar hyself ruil elke jaar syne in op ’n nuwe. Vir die een wat hy na ’n jaar se harde werk inruil, kry hy elke keer ’n baie gunstige prys en dié voertuig staan nooit langer as ’n week by die handelaar voordat dit gretig opgeraap word nie.
“Die Land Cruiser is gemaak om in rowwe terrein te werk,” verklaar Zwei. “Waar ’n buffel kan loop, loop ’n Land Cruiser ook en waar die bosse hom krap verdwyn die merke nadat jy hom gewas het. Tot sy verf is taaier as ander voertuie s’n.”
Die Land Cruiser se kragvertonings is aanskoulik. Volgens Zwei loop hy in turf waar ’n trekker vassteek. Tydens die onlangse welkome reën het die Land Cruiser ’n vasgevalde tientontrok wat kom beeste laai het lag-lag uit die modder gesleep.
Waar hy al met die linkervoorwiel in ’n erdvarkgat beland het sodat die agterkant in die lug gestaan en net twee wiele grondkontak gemaak het, kon die Land Cruiser sonder sukkel uitstap soos geen ander bakkie hom kan nadoen nie, vertel Zwei.
’n Vriend van Zwei sleep nou al jare lank gereeld en gemaklik ’n sleepwa met tien tot twaalf beeste met dieselfde Land Cruiser.
Boonop het hy alles wat jy nodig het, maar geen onnodige tierlantyntjies wat kan breek nie. Alles aan die Land Cruiser is eenvoudig, sterk, taai en funksioneel om die boer deur dik en dun te dien.
En onstuitbaar soos hy oor ruwe terrein en grondpaaie is, so dienlik is hy op die langpad. Zwei het al op een dag van Dwaalboom af Bloemfontein toe en terug gery sonder oormatige vermoeienis. Daarvoor sorg die skitterende lugversorger, die gemaklike sitposisie, die kragstuur en die Land Cruiser se uitmuntende padhouvermoë. Boonop is hy die voertuig wat die beste kans staan om die slaggate op ons paaie te oorleef.
Die Land Cruiser ry lekkerder as hy ’n vrag dra, maar as hy nie ’n vrag het nie, moet jy net onthou om die banddruk effens te verlaag, anders kan die rit half stamperig raak.
Welkome verbeteringe aan die onverbeterlike voertuig se jongste model is die feit dat jy nou die voorste wielnawe met ’n druk van ’n knoppie kan sluit, sy twee dieseltenks van 90 liter elk wat jou sommer baie ver laat ry, en sy noodwiel wat nou bereikbaar, maar veilig, agter op die bak gemonteer is sodat jy nie op die grond rond hoef te seil as jy hom nodig kry nie.
Land Cruiser kan ook ’n bate vir jou boerdery wees. Gaan gesels nou met jou Toyota-handelaar.