Smith Diesel bespaar jou tyd en geld

Picture1
Smith Diesel is ook handelaars van Mahindra Agri se trekkers.
Indien jy ‘n nuwe of tweedehandse trekker vir jou plaas soek of ‘n betroubare dieselwerktuigkundige benodig om jou werktuie aan die gang te hou, is Smith Diesel die regte mense om te kontak.
Bekostigbaar, uitnemende diens en gehalte produkte – dit is eienskappe waarvoor Smith Diesel bekend staan.
Hulle is ‘n professionele diesel-werkswinkel wat besit en bestuur word deur Willem Smith wat ‘n gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige is. Willem het in sy pa se agterplaas in Balfour begin werk en kon in 2019 sy eie werkswikel in Nigel oopmaak.
“Sedertdien, met God se genade, het ons gegroei tot ‘n onderneming met vier ambagsmanne met ‘n spuit-, enjin-, ratkas- en outo-elektriese afdeling. Ons is tans die enigste werkswinkel in die land wat aan alle trekkers, trokke, bakkies en grondverskuiwingsmasjiene van alle handelsmerke kan werk en herstel. My twee seuns is ook dieselwerktuigkundiges en sal kan voortgaan met die saak as ek die dag ophou,” sê Willem.
Hulle span het dekades se ondervinding in ligte, medium en swaar toerusting en landboumasjinerie sodat jou masjien jou nie in die steek sal laat nie. Hulle werkswinkel is ten volle gesertifiseerd en hulle kan enige probleme in die veld hanteer.
Smith Diesel is daartoe verbind om uitsonderlike kliëntediens te lewer, selfs wanneer die werk moeilik is. Hulle belê in langtermynverhoudings, daarom tree hulle altyd met opregtheid, integriteit en eerlikheid op.
Wat Smith Diesel alles bied:
- Herstel van swaar dieselvoertuie
- Onderdele vir enige handelsmerk – die wat hulle nie het nie, kan hulle binne drie werksdae kry
- Ratkasspesialis
- Vlootonderhoud – ons verseker dat die voertuie tydens versien word en dat hulle in ‘n veilige en werkende toestand is
- Herbou ou voertuie en laat hulle weer nuut lyk en werk
- Enjinspesialis
Hulle is ook handelaars van Mahindra Agri se trekkers (6000-, 7000-, 8000-reeks en boordreeks) en WUHLF-toerusting (vurkhysers en TLBs).
Kontak Smith Diesel vir meer inligting by admin@smithdiesel.co.za, 076-196-2158 of besoek hulle webwerf by: www.smithdiesel.co.za