Categories: NewsPublished On: 15th April 2011

Slenkdalkoors by 20 mense gevind

By 1 min read
Tussen 1 Januarie en 8 April was daar 20 laboratoriumbevestigde slenkdalkoorsinfeksies by mense, maar geen sterftes het tot dusver voorgekom nie. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het sy tussentydse verslag oor die 2011 slenkdalkoors-uitbreking op 8 April 2011 vrygestel. 
 
Volgens die NIOS was daar in die afgelope weke  ʼn toename in slenkdalkoorsgevalle. Die departement van Landbou, Bosbou en Visserye het bevestig dat daar 21 slenkdalkoorsuitbrekings by diere in die Wes-, Oos- en Noord-Kaapprovinsies tot dusver die jaar was. 
 
Die NIOS sê dat 85% van die mense wat dié infeksie opgedoen het gereeld in die boerdery- en veeartsenykundige sektore met diere werk, en dat die meeste hiervan die siekte opgedoen het deur regstreekse kontak met besmette diereweefsel en/of liggaamsvloeistowwe. Blootstelling aan muskiete en die drink van ongepasteuriseerde melk van besmette diere kan ook tot slenkdalkoorsinfeksie lei. 
 
Verlede jaar het 242 mense slenkdalkoors opgedoen en daar was 26 sterftes. Die mense het van Februarie tot September siek geword.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0