Categories: NewsPublished On: 25th October 2011

Skorsing-van-polisiekommissaris-word-wyd-verwelkom

By 1 min read
President Jacob Zuma se aankondiging dat hy die nasionale kommissaris van Polisie, Bheki Cele, geskors het hangende ‘n ondersoek word deur baie as ‘n mosie van vertroue in die Openbare Beskermer gesien. 
 
Mnr Louis Meintjes, president van TLU SA het gesê dat hy verheug is dat die Openbare Beskermer se aanbeveling aanvaar is, alhoewel dit onaanvaarbaar lank geneem het vir die president om op te tree.
 
Die Vryheidsfront Plus het die aankondiging verwelkom. Mnr Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus het gesê dat dit in nasionale belang is dat hierdie bewerings behoorlik ondersoek word sodat dit bevestig of weerlê kan word. 
 
Die Polisiehoof kan nie misdaad doeltreffend beveg met sulke aantygings teen hom nie het hy gesê. 
 
Die publiek en lede van die SAPD kan ook nie vertroue in die nasionale kommissaris hê met sulke aantygings teen hom nie, het mnr Groenewald gesê.
 
Me Helen Zille, leier van die DA, het gesê sy is bly die aankondiging het eerder laat as nooit plaasgevind  nie.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0