Categories: NewsPublished On: 26th April 2011

Skerp-daling-in-melkproduksie

By 1 min read

Onlangs vrygestelde syfers toon ‘n skerp daling in melkproduksie in Maart 2011. Die Melkprodusente-organisasie berig in sy weeklikse nuusbrief dat melkproduksie in dié maand 3,68% laer was as in Maart 2010.

Hierdie is die eerste jaar-op-jaar daling sedert September 2010. Volgens die MPO ekonoom, dr Koos Coetzee het swaar reën en die skerp styging in voer- en ander insetpryse waarskynlik bygedra tot die daling in produksie. Totale produksie gedurende Januarie tot Maart 2011 is 0,5% minder as die eerste kwartaal in 2010. Totale melkproduksie vir 2011 word tans geskat op 2 626 miljoen liter, marginaal hoër as in 2010.

Die kombinasie van laer produksie en markgroei soos vroeër berig, sal opwaartse druk plaas op produsentepryse in die komende maande. Dit volg nadat een van die groot melkkopers, Clover, ‘n paar weke gelede ‘n waarskuwende sein na melkprodusente uitgestuur het deur sy aankoopprys effens te verlaag.   

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment